- Stella het ‘n nuwe boek. Sy lees. ( waarin )
- Eric speel met sy klein boetie. Sy boetie verjaar vandag. ( wat )
- Die selfoon is modern. My pa bel met die selfoon. ( waarmee )
- Die sloot is diep. Ons spring oor die sloot. ( waaroor )
- Ek onthou vir Leon. Sy suster het die prys gewen. ( wie se )
- Robert speel rugby. Eddie hou van sokker. ( maar )
- Danielle is vandag afwesig. Sy is siek. ( want )
- Charl het krulhare. Charl het blou oë. ( en )
- Meneer Pieterse het ‘n trui aan. Dit is koud vandag. ( omdat )
- Die hele klas wag in die bus. Die bestuurder praat met die onderwyseres. ( terwyl )
AKTIWITEIT 9
OM AFKORTINGS TE GEBRUIK EN KENNIS TE MAAK MET AKRONIEME
[LU 6.1.12]
OM OOR AKRONIEME TE PRAAT [LU 6.6.1]
a) Lees die volgende sin:
In 1500 het kapt . Petro de Ataide in die baai anker gegooi.
kapt. is die afkorting vir kaptein.
'n Afkorting is 'n korter vorm van 'n woord, maar ons kan nie afkortings
maak soos ons wil nie. Die meeste woorde het geen afkorting nie.
Jy sal die volgende afkortings dikwels teëkom en wanneer jy dit in skryfwerk gebruik, moet jy probeer om dit korrek te skryf: Kyk ook voor en in die middel van ‘n woordeboek vir nog meer afkortings. Soek ‘n paar uit om in jou persoonlike woordelys te skryf.
Afr. - Afrikaans hfst. - hoofstuk
a.g.v. - as gevolg van i.p.v. - in plaas van
asb. - asseblief i.v.m. - in verband met
bg. - bogenoemde kg - kilogram
bl. - bladsy km - kilometer
Bpk. - Beperk l - liter
b.v.p. - been voor paaltjie lg. - laasgenoemde
dept. - departement me. - mevrou / mejuffrou
d.i. - dit is mej. - mejuffrou
dr. - dokter/doktor mev. - mevrou
ds. - dominee mnr. - meneer
d.w.s. - dit wil sê n.v.t. - nie van toepassing
EBW - Ekonomiese Bestuurswetenskap no. / nr. - nommer
Eng. - Engels / Engeland Pk. - poskantoor
ens. - ensovoorts SA - Suid-Afrika
TV - televisie
Gee die afkorting van die vetgedrukte woord(e) in elke sin.
- Kom help my asseblief .
- Ons was bly toe meneer Herandien ons geprys het.
- Ons kan bogenoemde afkortings in die woordeboek vind.
- Conrad pos die brief by die poskantoor .
- Pappa is te besig om televisie te kyk.
- Juffrou wil my spreek in verband met my swak toetspunte.
- Ons skoolhoof is doktor Aucamp.
- Die skeidsregter het die kolwer been voor paaltjie uitgegee.
- Afrikaans is ‘n baie jong en moderne taal.
- Charlene is baie gewild, dit wil sê almal hou van haar.
b) Akronieme
Wat is ‘n akroniem? Volgens die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) is ‘n akroniem ‘n letterwoord. Dit is ‘n woord wat gevorm word uit letters wat eintlik ‘n afkorting is. Ons gebruik die afkorting dan as ‘n woord.
Voorbeelde:
Interpol: Internasionale Kriminele Polisiekommissie
NAVO: Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
OPUL: Organisasie van Petroleumuitvoerlande
SANLAM: Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy
SASOL: Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
UNISA: Universiteit van Suid-Afrika
SATOER: S uid- A frikaanse Toer istekorporasie
Kan julle nog meer voorbeelde vind? Skryf dit neer.
Assessering
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.