LU 1.7 |
Breuke met sirkels
- Neem 'n vel papier wat soos 'n sirkel lyk.
- Vou dit in die helfte en knip dit op die voulyn.
- Merk elke stuk: "een halwe".
- Kleur die sirkels in wat in die helfte geknip is. Die helftes moet ewe groot wees.
LU 1.7 |
- Voltooi hierdie getallelyne.
- Maak 'n X halfpad tussen 0 en 10.
- Maak 'n X halfpad tussen 10 en 20.
- Maak 'n X halfpad tussen 20 en 30.
LU 1.10 |
Afronding van getalle
- Kyk!
Die vragmotor het verby die halfpadmerk X gery tot by 8.
- Die motor het nog nie tot by die halfpadmerk X by 5 gekom nie.
- As ons die afstand wat die vragmotor gery het tot die naaste veelvoud van 10 wil afrond, kan ons sê dat 8 tot 10 afgerond kan word.
Die 8 is nader aan 10 as aan 0.
Op dieselfde manier kan ons die getalle 5, 6, 7 en 9 ook tot die naaste veelvoud van 10 afrond, wat 10 is.
Maar die getalle 4, 3, 2 en 1 kan nie tot 10 afgerond word nie, want hulle is minder as halfpad op die getallelyn na die volgende veelvoud van 10.
Hulle is nader aan 0 as aan 10.
- As ons die volgende getalle afrond, maak ons so:
14 word 1 0
16 word 20
18 word ________________________
11 word ________________________
12 word ________________________
15 word ________________________
17 word ________________________
19 word ________________________
7 word ________________________
6 word ________________________
8 word ________________________
9 word ________________________
LU 1.7 |
- My wekker het om halfsewe gelui.
- Die lang wyser was by ses en die kort wyser was tussen die ses en die sewe.
- Die lang wyser het halfpad om die horlosie van 12 tot 6 beweeg.
-
LU 4.1 |
Breuke met vorms
- Neem 'n vierkantige stuk papier.
- Vou dit in die helfte.
- Vou dit weer in die helfte.
- Vou die papier oop en knip dit al op die voue langs.
- Hoeveel stukke is daar? _______________________stukke.
- Elke deel word "een kwart" genoem. Dit beteken een van 4 dele.
- Kleur een kwart in.
- Hoeveel kwarte is gelyk aan een halwe?
- Kleur die kwarte in om een halwe te toon.
- _______________________kwarte maak een halwe.
- _______________________kwarte maak een hele.
- Kyk net!
- Vorms wat in 4 ewe groot dele verdeel word, word in kwarte verdeel.
- Kleur een kwart van elk van die vorms in.
- Kleur 2 kwarte in.
- 2 kwarte is gelyk aan _______________________
- 4 kwarte is gelyk aan _______________________
LU 1.7 |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels, en verduidelik die antwoorde wat eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼);
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);
1.10.4 getallelyne.
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure en minute lees.