Wiskunde
Word slim met syfers
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Module 1
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste | Bladsyverwysings |
KU 1 | 4, 5, 8, 15 |
KU 3 | 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19 |
KU 4 | 4, 21 |
KU 7 | 11, 12, 13, 16, 17, 20 |
KU 8 | 4 |
- INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
- MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
- INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: ruimte-oriëntering [lu 3.5]
- Wat weet ons? Teken ‘n ○
- Ek en my broer het dieselfde boeke. Teken my broer se boek.
- Ons teken dieselfde prente.
- Teken dieselfde vorms. Kleur hulle in.
LU 3.5 |
Assessering
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder een driedimensionele voorwerp in verhouding tot ‘n ander beskryf (bv. “voor” of “agter”).