Natuurwetenskappe
Planeet aarde en die heelal
Die aarde
Opvoeder afdeling
Memorandum
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die verskillende lae in die aarde se atmosfeer visueel voor te stel en weerpatrone en seisoene te ondersoek [lu 2.3, lu 3.1]
DIE ATMOSFEER
Die aarde word omhul deur ‘n luglaag wat die atmosfeer genoem word. Hierdie laag bestaan gewoonlik uit twee gasse, naamlik suurstof (78%) en stikstof (20%). Die atmosfeer bestaan uit ‘n aantal lae en elke laag het ander eienskappe.
LAE IN DIE ATMOSFEER
- Troposfeer
Dit is die laag naaste aan die aarde. Al die weerpatrone kom in hierdie laag voor, wolke vorm hier, en voëls en vliegtuie vlieg in hierdie laag.
- Osoonlaag
Die skadelike ultra-violetstrale van die son word hier geabsorbeer.
- Stratosfeer
Moderne straalvliegtuie vlieg hier. Dit bevat egter nie genoeg suurstof vir die mens om te kan asemhaal nie.
- Mesosfeer
In hierdie laag brand die meeste klein meteore uit.
- Termosfeer
Die meeste van die son se hitte word hier geabsorbeer en temperature styf tot 1 000 grade Celsius.
- Ekosfeer
Daar is feitlik geen lug in hierdie laag nie. Slegs die ligste gasse soos helium en waterstof word hier aangetref. Sommige weersatelliete word ook hier aangetref.
Bogenoemde lae het nie vaste grense nie, maar vermeng met mekaar. Hoe hoër die laag, hoe minder dig is dit, totdat daar feitlik geen lug meer oor is nie. Die atmosfeer is nie ‘n baie dik laag in vergelyking met die deursnee van die aarde nie.
OPDRAG 7:
Groepwerk
- Gebruik die inligting wat verskaf is en maak ‘n diagrammatiese voorstelling van die aarde met al sy lae.
- Gebruik verskillende kleure om die lae te onderskei.
- Byskrifte moet in drukskrif wees.
- Dikte van lae moet uitgebeeld word.
Leerkragassessering: Diagrammatiese voorstelling | 1. | 2. | 3. | 4. |
1. Doel: Die boodskap word duidelik oorgedra | ||||
2. Detail: Die detail is akkuraat en duidelik uiteengesit | ||||
3. Sketse en illustrasies: Funksioneel en doelgerig | ||||
4. Kreatiwiteit: Voorstelling is kreatief en oorspronklik | ||||
5. Aanbieding: Netjies en ordelik | ||||
OORHEERSENDE KODE: ........PUNT: ......./ 20 ..............%Opvoeder:.................................................. |
Kommentaar:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leerkrag: _____________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder wetenskap verstaan as ‘n menslike aktiwiteit.