Kritieke- en ontwikkelingsuitkomste | |
Die leerders moet uiteindelik kan | Bladsyverwysings |
probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke; | 1; 2; 5; 6; 15; 21; 24. |
doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk; | 1; 22. |
hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur; | 20; 25; 26. |
inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer; | 1; 3; 20. |
doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme; | 7 – 10; 13; 14; 16; 19; 21; 22; 23. |
wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; | 4. |
begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie; | 6. |
nadink oor en ondersoek doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer; | 5; 11; 12; 17; 18. |
as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deelneem; | 4. |
in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensiteif wees. | 4. |
Integrasie van temas
Sosiale Geregtigheid
Is dit reg dat voetgangers ook by padgebruikers ingesluit word?
- Bespreek.
Menseregte
Watter regte het voetgangers?
- Elke leerder maak sy eie lys en vergelyk dit met dié van die ander leerders.
Inklusiwiteit
Wie is almal padgebruikers?
Wat word gedoen om die voetgangers se veiligheid te bevorder?
- Bespreek en skryf ‘n koerantberig oor gevare wat voetgangers moet trotseer.
Integreer die werk met Geletterdheid en Lewensoriëntering .
- Getalbegrip tot 800
Bewerkings:
- Optel – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (volmaak) van tiene of honderde;
- Aftrek – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (ontbinding) van tiene of honderde;
- Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, met hergroepering (volmaak) van tiene;
- Deel – met ‘n res in tafelgebied;
Tweesyfergetal deur ‘n eensyfergetal met res, sonder hergroepering van tiene tot 99.
Deling met ‘n res, maar sonder die hergroepering (ontbinding) van tiene word aangeleer. Dit vra baie konkrete werk en aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet ‘n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van die tafels is noodsaaklik.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: afstand [lu 1.1, lu 1.3, lu 1.4, lu 1.8, lu 1.9, lu 1.10, lu 3.5, lu 5.1, lu 5.2, lu 5.3, lu 5.4, lu 5.5]
Ons is almal padgebruikers: voetgangers, fietsryers, voertuigbestuurders of slegs passasiers. Dit is noodsaaklik dat ons alle verkeersreëls en -tekens moet ken en gehoorsaam.
Vind uit by al die leerders in jou klas hoe hulle soggens by die skool kom. Maak 'n kolletjie in die betrokke sirkel om elke leerder aan te dui.
Gebruik jou inligting om die sinne te voltooi.
Die meeste leerders kom _______________________________________________
Die minste leerders kom________________________________________________
- Skryf 3 dinge wat kan gebeur om die inligting wat jy gekry het te laat verander.
_____________________________________________________________________