Aardrykskunde
Graad 4
Hulpbronne en dienste in ‘n nedersetting
Module 13
Wat is hulpbronne?
Hulpbronne
Definisie : Hulpbronne is dinge wat ons nodig het om dinge mee te doen/maak.
Is die volgende almal hulpbronne? Kyk weer na die definisie hierbo en bespreek eers die moontlike antwoorde met ‘n maat.
|
| ||
|
| ||
|
| ||
|
| ||
|
| ||
|
| ||
|
| ||
|
|
Nog ’n hulpbron: Die Mens
Wat kan sonder die bestuurder en die werker gebeur? Niks!
Onthou: omdat die mens ’n belangrike hulpbron is, moet daar goed na hom omgesien word, maar die natuur voorsien die ander hulpbronne – dit moet ook baie goed opgepas word. Meer hieroor later!
Uitslag van die toets:
Dalk het jy en jou maat lekker gestry oor wat hulpbronne is. Die een wat die beste gevaar het, is die een wat gesê het dat al sestien name hulpbronne is.
Aktiwiteit 1
Om hulpbronne in ons alledaagse lewe te identifiseer [lu 2.1]
Dink so ‘n bietjie en voeg nog voorbeelde by die voorbeelde wat reeds verskaf is.
- Hulpbronne wat die mens help om voedsel te produseer:
grond, fosfate (vir die maak van kunsmis), water, kraalmis
............................................................................................................................

- Hulpbronne wat die mens help om homself te verwarm en kos gaar te maak:
steenkool, hout, olie, gas
............................................................................................................................
............................................................................................................................
............................................................................................................................
- Hulpbronne wat die mens help om toerusting vir die huis te produseer:
hout, metale, steenkool, olie
............................................................................................................................
............................................................................................................................
............................................................................................................................
- Hulpbronne wat gebruik is om toerusting vir jul klaskamer te produseer:
steenkool, hout, metale
hout, metale, steenkool, olie
............................................................................................................................
............................................................................................................................
............................................................................................................................
Baie belangrik:
Dink mooi na oor al die hulpbronne wat genoem is, ook dit wat deur julle bygevoeg is. Watter van hierdie hulpbronne kan nooit opraak nie? Skryf dit in die lyntjies neer. Daarvan sal julle meer in Graad 5 leer.
Daar is so baie arm mense in Suid-Afrika en Afrika wat beesmis in koeke droogmaak om vuur mee te maak, dat dit eintlik ook ‘n energiebron genoem kan word
Kaartwerk
Aktiwiteit 2
Om die kaart van suid-afrika te bestudeer en die vrae te beantwoord [lu 1.1]
Natuurlike hulpbronne in suid-afrika
Watter myne vind ons in Gauteng? ......................................................................
Watter myne vind ons in die Noord-Kaap? .............................................................
Watter tipe boerdery sal jy in die Vrystaat vind? ....................................................
Watter dierbronne kom in jou provinsie voor?.........................................................
In watter provinsie vind ons weinig boerdery? (Gee ‘n rede vir jou antwoord.)
................................................................................................................................
Assessering
Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
1.1 inligting uit verskillende bronne identifiseer (kaarte, atlasse, boeke).
Leeruitkoms 2: aardrykskundige kennis en begrip
Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke).
Memorandum
Hulpbronne in ons alledaagse lewe
- Son
- Saad
- Kalk
- Son
- Paraffien
- Diervelle
- Glas
- Rubber
Baie belangrik:
- Son
- Grond
- Water (as ons mooi kyk daarna)
Kaartwerk
Kaart van suid-afrika
- Goud
- Diamante
- Skaap, bees, mielies, koring, sonneblomme
- Noord-Kaap – droog