Mynbou in Suid-Afrika
Aktiwiteit 2:
Om die verskillende mynbou-aktiwiteite op ‘n kaart te identifiseer en neer te skryf
[lu 1.2]
- Raadpleeg die kaart en skryf die verskillende mynbou-aktiwiteite wat in elke stad of dorp aangetref word, neer.
OMGEWINGSOPVOEDING
- Eerstens moet mense verstaan hoe politieke prosesse werk, sodat almal aktief en doeltreffend kan deelneem aan besluitneming oor omgewingskwessies op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.
- Tweedens moet aan alle mense die geleentheid gebied word om daardie kennis en insig te verwerf wat hulle in staat sal stel om ingeligte keuses te maak en besluite oor omgewingskwessies te neem. - Baie mense verstaan nie die verband tussen hul persoonlike lewenstyl, die verligting van armoede, die verbruik van hulpbronne, omgewingsverval, en, uiteindelik, die oorlewing van die mensdom nie. - Hulle besef eenvoudig nie hoe hulle deur die verandering van hul daaglikse gewoontes andere kan help en ‘n positiewe invloed op die natuurlike omgewing kan hê nie. - Daar moet eers aan hulle uitgewys word hoe ‘n aanvaarbare lewensgehalte vir almal afhang van die oordeelkundige, volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne.
Verstedeliking
- Stede skep welvaart en is die belangrikste sentra vir opvoeding, werk, groter ekonomiese geleenthede, gesondheidsorg en kulturele geleenthede. Stede is egter gewoonlik ook groot verbruikers van natuurlike hulpbronne, met ‘n bykans onversadigbare behoefte aan water, krag, voedsel en grondstowwe. Baie van hierdie bronne word op onvolhoubare wyse benut.
- Sonder behoorlike beplanning verswelg groeiende stede uitgestrekte gebiede en groot oppervlaktes vrugbare grond gaan in die proses verlore.
- Stede genereer massiewe hoeveelhede afvalstowwe wat die lug, grond en water ver buite die stadsgrense besoedel, terwyl dit ook die lewensgehalte van stedelinge aantas en selfs in gevaar stel.
- ‘n Gebrek aan doeltreffende volhoubare ekonomiese ontwikkeling op die platteland dwing talle jong en ekonomies aktiewe mense om hierdie gebiede te verlaat en versteur so die maatskaplike balans.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
AKTIWITEIT 1
KAAPSTAD: Olieraffinadery
Ingenieurswerke
Voertuie
Tekstiel en klerasie
Chemikalieë en kunsmis
Kos, drank en tabak
SALDANHA: Yster en staal
MOSSELBAAI: Olieraffinadery
Ingenieurswerke
Kos, drank en tabak
PORT ELIZABETH: Motors
Chemikalieë en kunsmis
Tekstiel en klerasie
Kos, drank en tabak
OOS LONDEN: Motors
Chemikalieë en kunsmis
Kos, drank en tabak
DURBAN: Olieraffinadery
Ingenieurswerke
Voertuie
Chemikalieë en kunsmis
Tekstiel en klerasie
Kos, drank en tabak
RICHARDSBAAI: Alluminiumprosessering
Chemikalieë en kunsmis
Kos, drank en tabak
KIMBERLEY : Ingenieurswerke
Papier
Kos, drank en tabak
BLOEMFONTEIN: Tekstiel en klerasie
Ingenieurswerke
Kos, drank en tabak
SASOLBURG: Olie uit steenkool
Chemikalieë en kunsmis
VEREENIGING: Yster en staal
WITBANK: Ingenieurswerke
JOHANNESBURG: Papier
Chemikalieë en kunsmis
Ingenieurswerke
Olieraffinadery
Yster en staal
Kos, drank en tabak
Leerwerke
PRETORIA/ TSWANE: Kos, drank en tabak
Ingenieurswerke
Yster en staal
AKTIWITEIT 2
ALEXANDERBAAI: Olieraffinadery
PORT NOLLOTH: Ingenieurswerke
KIMBERLEY: Voertuie
WELKOM: Tekstiel en klerasie
JOHANNESBURG: Chemikalieë en kunsmis
Kos, drank en tabak