Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Optelling
Opvoeders afdeling
Memorandum
1. 262; 364; 466; 568; 670; 772; 874; 976; 1 078
2.
2.1 2 589; 2 592; 2 596; 2 598; 2 601; 2 604; 2 607
2.2 7 939; 8 039; 8 139; 8 239; 8 339; 8 439; 8 539
2.3 18 213; 28 213; 38 213; 48 213’ 58 213; 68 213; 78 213; 88 213
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekenings te doen [lu 1.10]
1. Die sakrekenaar is ‘n wonderlike hulpmiddel om ons berekenings te kontroleer. As jy weet hoe om die “konstante funksie” van jou sakrekenaar te gebruik, is ‘n aktiwiteit soos die vorige en die volgende een sommer kinderspeletjies! Kyk of jy die volgende pyldiagram met behulp van jou sakrekenaar kan voltooi.
- Wat gaan jy insleutel? ______________________________________
2. Gebruik nou weer jou sakrekenaar se konstante funksie en skryf die getalle neer wat op jou vertoonvenster verskyn as jy die volgende insleutel:
2.1 2 586 + 3 = = = 2 607
__________________________________________________________________________________________________________________________________________
2.2 7 839 + 100 = = = 8 539
__________________________________________________________________________________________________________________________________________
2.3 8 213 + 10 000 = = = 88 213
__________________________________________________________________________________________________________________________________________
Jy weet nou al dat verskillende volke verskillende skryfwyses vir syfers gehad het. Kom ons kyk meer in diepte na die Romeine se manier van skryf.
KAN JY NOG ONTHOU?
- In die vorige leereenheid het ons gesien dat die Romeine andersas ons geskryf het.
Ons getalle: | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
Romeinse syfers: | i | ii | iii | iv | v | vi | vii | viii | ix | x |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:
1.10.1 optelling en aftrekking in kolomme.