<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 3   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie se skool hou kermis

Opvoeders afdeling

Memorandum

Dit is van die allergrootste belang dat die opvoeder met die inhoud van die module vertroud moet wees voordat dit aan enige leerder uitgedeel word, want in hierdie module is heelwat gevorderde en verrykings werk, maar leerders van die eerste twee groepe behoort dit as ‘n uitdaging te beskou en te kan bemeester. Moenie leerders blootstel aan take wat bo hulle vermoëns is en hulle daardeur ontmoedig nie. (Selekteer volgens hulle vermoëns).

Die aktiwiteite van bl. 23 tot 27, die maak van die bewertjies, kan met die hele klas aangepak word. Dit kan saam met Tegnologie gedoen word.

Getalbegrip tot 1 500

Bewerkings:

Optel-, aftrek- en vermenigvuldig – twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van tiene en honderde;

Deel – tweesyfergetal, met hergroepering van tiene en met ‘n res, bv. 66 ÷ 4 =

In Module 7 word getalbegrip uitgebrei tot 1500. Alle optel-, aftrek- en vermenigvuldigbewerkings word gedoen met twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van honderde en tiene. Deling word slegs met tweesyfergetalle met hergroepering van tiene en met 'n res gedoen, bv. 66 ÷ 4 =

'n Bespreking oor die kermis is nodig sodat die leerders hul gedagtes kan orden en die prent vooraf kan beplan.

Die leerders moet die aantel vanaf eenduisend baie goed verstaan. Maak gebruik van soortgelyke getalleblokke van 1 101 tot 1200, 1201 tot 1300, 1301 tot 1400 en 1401 tot 1500 indien dit nodig blyk te wees.

Winkelspeletjies word aanbeveel om die leerders te help om kleingeld te kan bereken.

Gee spesiale aandag aan die gelyke waardes en mℓ.

Gebruik die plakkate vir nog berekeninge en gee vir die leerders geleentheid om vir mekaar te vra om sekere berekeninge te doen.

Dit is 'n aktiwiteit wat fisies iewers op die terrein uitgevoer kan word. Laat die leerders dit gaan afmeet met 'n klikwiel (trundle wheel).

Dit word van die leerders verwag om in 'n taal anders as die taal van onderrig te kan tel. Indien daar leerders in die klas is wat 'n ander taal magtig is, gee vir hulle die geleentheid om in hul eie taal te tel.

Dit is konsolidering en vaslegging van bewerkings. Gee aandag aan probleem areas. Leerders sal moontlik ‘n ekstra vel papier nodig hê waarop hulle die bewerkings kan doen.

Die berekening van breuke van getalle mag dalk vir sommige leerders probleme veroorsaak. Moedig hulle aan om te probeer en ten minste net die maklikstes te doen.

Die 8x en ÷ word saam met agstes gedoen, alhoewel dit nie 'n vereiste is dat hulle dit moet ken nie.

Vermenigvuldiging word met hergroepering van honderde en ook tiene gedoen.

Hierdie aktiwiteit is om die leerders se kennis van getalle en hul redenasievermoëns te toets.

Deling met hergroepering van die tiene en ook 'n res is 'n bewerking wat vele konkrete werk vereis. Hulle moet kan vertel hoe hulle dink en wat hulle doen, voordat hulle die geskrewe werk kan doen. Gee baie soortgelyke werk.

Moedig die leerders aan om hulle bewerkings te toets.

Hierdie aktiwiteit kan nie op 1 dag afgehandel word nie Dit kan saam met Tegnologie gedoen word. Indien daar nie genoeg tyd beskikbaar is nie, kan die leerders in groepe van 5 gedeel word sodat elke leerder dan slegs 1 vorm voltooi in watter geval die groep dan 'n gesamentlike bewertjie sal moet maak en hulle alle kennis met mekaar moet deel. Indien die leerders dit moeilik vind om die keël en die silinder se rondings in te vou en vas te plak, kan hulle dit aan die buitekant vasplak of die rondings afsny.

Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: vermenigvuldiging en verdeling [lu 1.1, lu 1.8, lu 1.8, lu 1.10]

  • Die 3 tannies wat die pannekoeke bak het al elkeen 142 pannekoeke klaar gebak.
  • Hoeveel pannekoeke is altesaam gebak?

Gebruik die metode wat jy verkies om die probleme op te los.

  • Pappa, Mamma, Bonnie en Tommie het elkeen R94 vir die skool ingesamel. Wat is die totale bedrag wat hulle ingesamel het?
  • Tommie en Robbie het elkeen 157 leë koeldrankblikkies opgetel om in die drom te gooi. Hoeveel blikkies het hulle altesaam opgetel?
  • Skryf jou eie storie om by die getalsinne te pas en doen dan die bewerkings.

86 x 3 = ________________________________

136 x 5 = _______________________________

  • Voltooi:

Bewerkings:

Optelling: Ons bepaal die som of die totaal.

Aftrekking: Ons bepaal die verskil.

Vermenigvuldiging: Ons bepaal die produk.

Deling: Ons bepaal die kwosiënt.

  • Voltooi die sinne met die regte antwoorde:

1. Die totaal van 19, 10 en 25 is ______________________________________

2. Die verskil tussen 45 en 54 is ______________________________________

3. Die produk van 23 en 4 is _________________________________________

4. Die kwosiënt van 36 en 2 is ________________________________________

5. Die helfte van 96 is _______________________________________________

6. Vyf en dertig is die helfte van ______________________________________

7. Eenhonderd vyf en twintig verdubbel is ______________________________

8. Ag kwarte is _______________________________________________ heles.

9. Die som van twee getalle is 145. Die een getal is 115 en die ander

getal is ________________________________________________________

Maak ‘n regmerkie by die regte woord: Waar Onwaar
Die helfte van 125 is 62 ½ .
1 010 kom voor 1 001
6 tiene + 8 ene + 2 honderde is 682
('n Kwart van 12) x 100 = 300
1 049>1 409
( ½ x 100) + ( ½ x 1 000) + ( ½ x10) = 555
  • Pappa het 54 albasters en wil dit gelyk verdeel tussen 4 seuns. Hoeveel albasters gaan elkeen kry en hoeveel gaan oorbly?
  • Ek toets altyd my antwoorde deur die teenoorgestelde bewerking te doen.
  • Ek toets 'n deelbewerking met 'n vermenigvuldigbewerking.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tel aan en terug;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 getallelyne;

1.10.4 afronding in tiene.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask