<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Die aarde en die heelal

Module 21

Hoe grond gevorm word

Aktiwiteit:

Om te kan verduidelik hoe grond gevorm word en hoekom grond vir diere belangrik is

[lu 1.3]

Die aarde bestaan uit hoofsaaklik drie lae: die kors, die mantel en die kern.

Die kors is die dunste laag en is ongeveer 35 tot 50 km dik. Dit bestaan hoofsaaklik uit soliede rots.

Die rotse aan die oppervlak breek voortdurend op om grond te vorm. Dit gebeur deurdat die hitte van die son en die koue van die nag die rotse weens uitsetting en inkrimping laat kraak.

Plantwortels veroorsaak dat die rotse nog verder opbreek. Nuwe plante groei in die skeure. Hulle vrek en verrot, en hierdie verrotte materiaal saam met kleiner rotsdeeltjies vorm grond.

Water (reën, riviere, die see) laat die rotse ook verder opbreek en spoel die deeltjies ook weg na ander plekke waar dan ook grond gevorm word. Baie klein deeltjies word ook deur die wind versprei.

Hoe word grond deur diere benut?

Skryf die dierename neer wat grond op een of ander manier benut, en verduidelik hoe hulle dit benut. Begin met die diere in die illustrasies hierbo en vul aan met nog meer voorbeelde van jou eie.

Wat gebeur met hierdie diere as hulle in of op die grond vrek?

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

voorbeelde van diere wat die grond benut:

  • Erdwurm vreet verrottende materiaal in grond, grond beskerm teen hitte en uitdroging, asook predatore
  • Miere stoor kosvoorrade en eiers
  • Jagspinnekop tonnel in grond beskerm teen elemente en predatore
  • Haan/hen kry kos in/op grond, sand help met fynmaal van kos vir vertering
  • Haas Beskerming teen roofdiere, plek om kleintjies groot te maak
  • Mol Vind kos in grond (plantwortels en insekte)
  • Paddas Beskerming teen uitdroging en koue, oorlewing van ongunstige tydperke
  • Slange Beskerming teen natuurelemente en predatore
  • Vlakvarke Beskerming teen predatore

Diere wat vrek: hulle ontbind en die reste word deel van die grond, en so word grondvrugbaarheid bevorder.

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask