<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die voedselindustrie kan swak voedselhigiëne dikwels lei tot voedselvergiftiging. Dit kan daartoe lei dat klante regstappe teen die onderneming neem, wat weer in baie gevalle groot boetes kan meebring. Volgens die Voedselveiligheidswet van 1990 is dit ‘n oortreding om voedsel te verkoop wat onveilig is om te eet. Verder wys die wet daarop dat die voedselindustrie alles in sy vermoë moet doen om te verseker dat voedsel, in watter verwerkte vorm ookal, veilig moet wees om te eet. Daar is sekere basiese beginsels wat deur die individu toegepas kan word ten einde te verseker dat voedsel teen besmetting met bakterieë beskerm word. Die kernwoord wat hier ter sprake is, is persoonlike higiëne . Probeer om die volgende aanbevelings te respekteer as daar met voedsel gewerk word.

  • Skoon hande

In die meeste gevalle gebruik ons ons hande om kossoorte te hanteer, en daarom is dit noodsaaklik dat ons hande uitsonderlik skoon is. Maak seker dat jy jou hande was nadat die toilet gebruik is. Maak in elk geval seker dat jy jou hande was voordat jy met rou materiale of dergelike voedselprodukte werk. Mense wat in die voedselbedryf werk, was gewoonlik hul hande met antibakteriële seepsoorte alvorens hulle met voedsel werk.

  • Beserings

Dit is nie wenslik om met voedsel te werk as jy ‘n snywond opgedoen het nie (veral nie as die snywond aan jou hand is nie). Die voedselsoort kan dan in direkte kontak met liggaamsvloeistowwe kom, en sodoende kry bakterieë ‘n kans om die kossoort binne te dring.

  • Kleding

‘n Mens se klere kan ook lei tot die oordra van bakterieë. Dit is veral jou hare wat kan bydra tot die oordra van bakterieë en daarom dra werkers in voedselfabrieke haarnette as beskermingsmaatreëls.

  • Gesondheidstoestand

Indien iemand ‘n siektetoestand soos diarree het, moet daar liefs nie met voedsel gewerk word nie. Gevaarlike bakterieë kan oorgedra word na die voedsel wat tot voedselvergiftiging kan lei.

  • Rook

Mense mag nie rook terwyl hulle besig is om met voedsel te werk nie. Die gevaar lê daarin dat die persoon aan sy lippe kan raak terwyl ‘n sigaret uit die mond verwyder word. Wanneer die persoon dan aan sy/haar lippe raak, kan bakterieë met die hande na die voedsel oorgedra word.

  • Werksomgewing

Dit is voor die hand liggend dat die omgewing waarin daar gewerk word, baie skoon gehou moet word. Hoewel daar baie is wat ‘n mens kan doen om die onmiddellike omgewing skoon te hou, is dit ‘n voorvereiste om die oppervlak waarop daar met die voedsel gewerk word, eers skoon te maak met antibakteriële sproei.

opdrag:

Voer die volgende instruksies uit:

  1. Onderskei tussen die kernwoorde voedselhigiëne en persoonlike higiëne tydens ‘n klasgesprek.
  2. Ontwerp ‘n geheuekaart om aan te toon wat ‘n mens moet doen ten einde persoonlike higiëne te verseker.
LU/AS 1.2
  • Voedselveiligheid

Voedselveiligheid is die proses waarvolgens daar verseker word dat voedsel veilig is om te eet ten einde voedselvergiftiging te voorkom.

  • Wat veroorsaak voedselvergiftiging?

Daar is verskeie faktore wat kan lei tot voedselvergiftiging, maar die teenwoordigheid van bakterieë is waarskynlik die grootste oorsaak. Ofskoon die meeste soorte bakterieë onskadelik is, is daar sekere tipes wat kan lei tot voedselvergiftiging. Die tekens daarvan is gewoonlik naarheid, diarree, maagkrampe en koors. In sommige gevalle kan voedselvergiftiging selfs tot sterftes lei. Bakterieë is mikro-organismes wat slegs met behulp van ‘n mikroskoop gesien kan word. Daar is wel bakterieë wat met groot voordeel aangewend kan word, byvoorbeeld die soort waarmee kaas gemaak word. Bakterieë vermeerder teen ‘n snelle tempo onder die regte omstandighede. Bakterieë sal groei tussen 5°C en 63°C. Hulle floreer egter by temperature wat min of meer dieselfde as liggaamstemperatuur is, naamlik 37°C. Dit is interessant om daarop te let dat bakterieë onder ideale omstandighede elke 10 tot 20 minute verdubbel. Binne vyf ure kan een bakterie dus vermeerder het tot etlike duisende.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask