<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AKTIWITEIT 1

OM VRAE OOR DIE BOU VAN DIE LAND TE BEANTWOORD

[LU 1.1; 2.1]

Gebruik die inligting wat jy reeds opgedoen het, sowel as jou atlas om die volgende vrae oor die bou van Suid-Afrika te beantwoord.

Wat verstaan jy onder die bou van ‘n land?

Op watter soort kaart sal jy die bou van ‘n land bestudeer?

Gebruik jou atlas en vind uit in watter twee streke die kusvlakte op sy breedste is.

en

Wat dink jy is die beste: ‘n reëlmatige of gebroke kuslyn?

Hoekom sê jy so? Gee ‘n voorbeeld uit jou atlas van ‘n vasteland met ‘n gebroke kuslyn.

Wat verstaan jy onder die term “platorand”?

Tussen watter twee bergreekse lê die Groot Karoo?

en

Die Klein Karoo is geleë tussen die Outeniekwaberge en die ........................-berge in die suide, en die -berge in die noorde.

Gaan soek die presiese ligging van die bergpieke Mont-Aux-Sources en Thaba Ntlenyana in jou atlas op. In watter bergreeks is die bergpieke?

Wat verstaan jy onder die term “waterskeiding”?

Wat dink jy is die invloed van die hoogte bo seevlak van die plato op die temperatuur van die binneland?

Ander bergreekse

Veral die Cederberge in die noordweste en die bergreekse wat tussen die kusvlakte en die platorand in die suide lê, is belangrik. Die Drakenstein-, Hottentots-Holland-, Lange-, en Outeniekwaberge vorm die kusketting (nader aan die see), terwyl die Karooketting (nader aan die platorand) uit die Swart- en Winterberge bestaan. In die noordooste kry ons die Soutpansberge en die Waterberge.

Laeveld

Die laagliggende gebied tussen die Lebomboberge en die Drakensberge in die noordooste van die land word die Laeveld genoem.

AKTIWITEIT 2

OM MOONTLIKE OPLOSSINGS VIR 'N PROBLEEM TE BESPREEK

[LU 1.7; 2.3]

Vind ‘n oplossing vir die probleem wat die platorand aan vroeë reisigers in ons land gebied het.

Dit is die helfte van die 17 de eeu en die eerste nedersetters is van voornemens om die binneland van die Kaap-Kolonie te verken. Hoe nou gemaak om oor die Hexrivier- en Cederberge na die binneland te trek?

Bespreek moontlike oplossings in jul groepe en lê dit aan die klas voor. Neem in ag dat julle slegs oor 17de eeuse tegnologie beskik.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;

inligting kategoriseer;

'n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;

deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en –begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf;

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Ongelykheid van die oppervlak van ‘n land – verskillende landvorme

Reliëf

NO en SW

Gebroke

Natuurlike hawens

Europa

Waar die binnelandse plato begin (aaneenlopende bergreeks)

Swart- en Nuweveldberge

Lange- en Swartberge

Drakensberg

Berge keer reëndraende wolke/winde van binneland af – binneland droër

Koeler

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask