<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Waar tafelberg begin

Module 5

Stede en besienswaardighede

  1. Kom ons toets ‘n bietjie julle algemene kennis deur middel van ‘n lekker speletjie.

Julle gaan kolomme soos op die volgende bladsy gebruik. Verdeel nou in julle groepe. Een van die groeplede moet die letters van die alfabet op ‘n stuk papier skryf. Sommige letters kan uitgelaat word, bv. C, F, I, Q, U, X, Y en Z. Versprei die letters op die papier.

Elke groeplid kry ‘n beurt om sy of haar oë toe te maak en met ‘n potlood op die papier te druk.

Die letter waarop die potlood te lande kom, word dan gebruik. Elkeen skryf ‘n woord wat met daardie letter begin onder elke kategorie. Die eerste speler wat elke kategorie voltooi het, skree: “Stop!” en dan moet almal hulle penne neersit. Die spelers lees dan hulle antwoorde voor. Wanneer jy ‘n antwoord het wat niemand anders het nie, kry jy tien punte. Wanneer jou antwoord dieselfde as iemand anders s’n is, kry jy vyf punte.

Die speler met die hoogste telling wen die ronde. Die volgende speler maak sy oë toe en kies ‘n letter. Die spel gaan voort so lank as wat die tyd toelaat.

‘n Voorbeeld (F) is reeds vir julle gedoen.

Ek hoop julle het die speletjie geniet en baie goed gevaar.

Moes julle groep dalk die letters K en/of L gebruik? Mag ek dan

raai dat een of meer van julle groep KAAPSTAD en/of LONDEN by die kategorie “Dorpe of Stede” neergeskryf het?

Dis die stede wat ek ook sou gekies het. Kaapstad en Londen is twee van die bekendste stede in die wêreld!

LAND STAD of DORP DIER BLOMME. GROENTE of VRUGTE SPORTSTER, POPSTER of AKTEUR / AKTRISE PUNTE
Frankryk Franschhoek Flamink Framboos Fred Flintstone 50
  1. Hier volg nou twee kaarte met die bekendste besienswaardighede van hierdie twee stede. Bestudeer dit saam in julle groep en kyk of julle al die ooreenkomste kan raaksien. Skryf hulle dan neer in kolomme soos aangedui. ‘n Ooreenkoms is bv. ‘n kerk. Skryf ook die name van die verskillende plekke neer. Die eerste voorbeeld is reeds gedoen.

OOREENKOMSTE

KAAPSTAD LONDEN
‘n Kerk: Groote Kerk ‘n Kerk: Westminster Abbey
.

[LU 5.2.5]

Londen

Kaapstad

VERSKILLE

  1. Wat het Kaapstad wat Londen nie het nie? (Skryf slegs die plekke en/of die name neer.)
  2. Wat het Londen wat Kaapstad nie het nie?

[LU 5.2.5]

  1. As een van julle dalk reeds in Londen was, kan julle gerus vir die klas of groep meer van hierdie groot wêreldstad vertel.

Gesels nou ‘n bietjie in julle groep oor Kaapstad.

  1. Watter plekke of besienswaardighede is die moeite werd om te besoek?

Jy en ‘n maat gaan nou ‘n dialoog skryf en vir die groep kom rollees.

Een van julle is ‘n reisagent in Kaapstad. Die ander een is ‘n toeris wat Kaapstad vir die heel eerste keer kom besoek. Die toeris wil weet watter besienswaardighede in Kaapstad geskik sal wees vir kinders. Die toeris gee vir die reisagent ‘n aanduiding van waarin sy kinders belangstel deur middel van vrae. Dit help die reisagent dan in sy aanbevelings. Die toeris wil ook weet waar hierdie plekke is, hoe lank dit neem om daar te kom, besoektye, ens.

‘n lys van plekke wat julle kan aanbeveel:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask