<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie verstedelikingsprobleem het meegebring dat die toenmalige regering van apartheid af begin wegbeweeg het.

Die voorverkiesingstydperk (vanaf 1990 met die vrylating van Mandela tot die algemene verkiesing in 1994) was gekenmerk deur geweld. Die ANC en Inkhata Vryheidparty (IVP) was verwikkeld in ‘n stryd om die beheer van die staat.

Die voorverkiesingstydperk is verder gekompliseer deur ekonomiese probleme. Die afname in ekonomiese groei wat in 1980 reeds begin het, het negatiewe syfers gehaal toe die ekonomie begin krimp het, en dit terwyl die bevolking met 2,5% per jaar gegroei het. Die getal mense wat werk moes vind, het gegroei terwyl werksgeleenthede afgeneem het. Na raming was meer as een uit elke drie mense werkloos.

Die nuwe regering het die sogenaamde Heropbouings- en Ontwikkelingsprogram (HOP) geïmplementeer. Hierdie program was en is steeds gerig op die mobilisering van die land se mense en hulpbronne om apartheid weg te werk en ‘n demokratiese, nie-rassige en nieseksistiese toekoms te bou.

In 1994 het die ekonomie met 2,3% gegroei. Baie mense het geglo dat die nuwe regering se ekonomiese beleid en dissipline die ontwikkelingsprioriteite van Suid-Afrika spoedig sou aanspreek. Die gevolge van apartheid soos vroeër genoem, bly egter ‘n faktor wat gaan bepaal in welke mate die staat en samelewing daarin slaag om die doelwitte van die HOP te behaal.

3. Omgewingstekorte en gewelddadige konflik

Daar is drie soorte omgewingstekorte:

  • Beskikbaarheid-gedrewe tekorte wat veroorsaak word deur die verarming en uitputting van ‘n omgewingshulpbron, byvoorbeeld die erosie van grond wat geskik is vir akkerbou.
  • Aanvraag-gedrewe tekorte wat veroorsaak word deur bevolkingsgroei in ‘n bepaalde gebied of die groeiende per capita verbruik van ‘n hulpbron, wat dan lei tot verhoogde aanvraag vir die hulpbron.
  • Strukturele tekorte wat ontstaan as die benutting van ‘n hulpbron deur ‘n klein groepie mense beheer word terwyl die res van die bevolking onder ‘n ernstige tekort gebuk gaan.

Die drie soorte tekorte kom dikwels gelyktydig voor en is in interaksie met mekaar. Gevolge hiervan wat algemeen voorkom sluit in:

  • verlaagde landbouproduktiwiteit;
  • ekonomiese agteruitgang;
  • migrasies weg van gebiede waar omgewingstekorte bestaan; en
  • verswakte instellings.

Sodanige tekorte en hul uitwerkings op die samelewing kan tot ongelukkigheid en griewe lei, wat uiteindelik op burgerlike geweld kan uitloop indien twee bykomende faktore teenwoordig is:

  • Groepe met sterk kollektiewe of verenigende identiteite wat gesamentlik die staat kan uitdaag.
  • Geleenthede vir gewelddadige optrede teen die owerhede wat duidelik voordele inhou.

Dit beteken dat griewe tot burgerlike opstand kan lei indien die gegriefdes hulself sien as lede van groepe wat kan saamstaan, en hulle glo dat die beste geleenthede om hulle griewe suksesvol aan te spreek, geweld insluit.

Griewe kan meebring dat mense begin saamstaan omdat hulle met mekaar identifiseer aangesien hulle dieselfde griewe ervaar.

Burgerlike geweld is ‘n aanduiding van spanning tussen die staat en die samelewing. Indien groeperinge in die samelewing van mening is dat die staat op hulle eise reageer, bly die vlak van gegriefdheid jeens die staat laag.

Omgewingstekorte bedreig hierdie delikate balans tussen die staat en samelewing. Verlaagde landbouproduksie, verstedeliking en ekonomiese agteruitgang lei dikwels tot ontberinge. Aan die anderkant verlaag dit ook die staat se vermoë om die griewe suksesvol aan te spreek vanweë verlaagde staatsinkomste. Die gevolg hiervan is verswakte kommunikasie en interaksie tussen die samelewing en staat, en uiteindelik neem die legitimiteit van die staat af, is die staat nie meer verteenwoordigend van die samelewing nie en reageer die staat ook nie meer sensitief teenoor die samelewing nie.

Indien hierdie toestand voortduur, bly die griewe bestaan en kan daar uiting daaraan gegee word deur byvoorbeeld misdaad.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask