<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Gesondheid en welsyn

Module 32

Siektes

Almal word van tyd tot tyd siek. Dan besoek ons die plaaslike geneesheer en/of drink die regte medikasie en wag op ‘n spoedige herstel. Vir mense wat ver van die nodige mediese dienste af woon, kan ‘n eenvoudige siekte dikwels verreikende gevolge hê. Medisyne is soms baie duur, wat ook veroorsaak dat nie alle mense dit kan bekostig nie.

A. HOEKOM WORD ONS SIEK?

Kieme is oral in die lug rondom ons. Ons asem daagliks baie daarvan in. Ons word egter nie noodwendig van alle kieme siek nie, omdat gesonde liggame ‘n natuurlike verdedigingstelsel het wat ons daarteen beskerm. Die liggaam se immuunstelsel identifiseer enige vreemde selle en val eenvoudig die onwelkome besoekers aan en vernietig dit. Soms slaag ‘n kiem egter daarin om verby die verdediging te glip en dan word ons siek. Die liggaam se immuunstelsel gaan voort om teen die indringer te baklei en soms slaag die liggaam self daarin om gesond te word, maar ander kere het ons medisyne nodig om die liggaam te help genees. Spesifieke medisyne is gemaak om spesifieke “kieme” dood te maak. Dikwels neem ‘n pasiënt ook medisyne om die liggaam weer sterk te maak na ‘n siekte.

AKTIWITEIT

OM INLIGTING OOR MEDISYNE UIT VERSKEIE BRONNE IN TE WIN

[LU 1.1]

Gesels met jou ouers, huisdokter en/of plaaslike apteker en verskaf die naam van een soort medisyne wat gebruik kan word wanneer ‘n pasiënt die volgende simptome ervaar:

Simptome Moontlike medikasie
Erge hoofpyn
Diarree
Droë hoes
Maagkrampe
Allergiese reaksie na bysteek

Daar is verskillende soorte “kieme” wat die liggaam aanval. Onder hulle is virusse, parasiete en swamme wat die liggaam van buite af binnedring en aanval. In ander gevalle kom die indringers van binne die liggaam self, soos kankerselle.

“Kieme” wat die liggaam van buite aanval, kan die liggaam op verskeie maniere binnedring. Party virusse en swamme is in die lug en word ingeasem. Ander, soos parasiete, woon in drinkwater of word deur insekte soos muskiete, vlieë en brommers aan die mens oorgedra. Soms is daar kieme aan voorwerpe waaraan ons vat en dan lek ons dalk ons vingers af . Sekere virusse soos die MIV-virus kom die liggaam binne deur kontak met bloed van iemand wat die siekte het of wanneer jy geslagsgemeenskap het met so ‘n persoon.

B. GENEESLIKE/ONGENEESLIKE SIEKTES

Die meeste siektes waarmee ons van dag tot dag gekonfronteer word, is geneesbaar. Sommige is meer hardnekkig en neem langer om te genees as ander. Daar is egter siektes wat so sterk is dat hulle nie doodgemaak kan word nie. Ten spyte van baie navorsing en intense behandelings is party soorte kanker ongeneeslik. In sulke gevalle is behandeling en medikasie slegs daarop gemik om die pasiënt se lewensverwagting te verhoog en om die simptome te verlig.

Die MIV-virus, wat vigs veroorsaak, is nog ‘n kalant wat te slim is vir ons liggaam se verdedigingstelsel.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask