<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

HOU DIE AARDE SKOON

Module 13

ONS VERKLAAR OORLOG TEEN ROMMEL

LEESSTUK

Luister baie aandagtig terwyl julle opvoeder die volgende leesstuk hardop voorlees. Daarna kan jy en jou maat dit ook vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

KEN JY DIE WOORDE WAT IN DIE LEESSTUK VOORKOM?
Inligtingsoffisier : information officer Ruimteskip : spaceship
Roete en vlugplan : route and flight plan Voorspellings : projections
Rommel rondstrooi : litter Rampspoedige : disastrous
Eindbestemming : destination Besoedel : pollute

Welkom aan Boord.........

“Dames en here, ek is julle inligtingsoffisier en ek praat nou met julle vanaf die inligtingsentrum van julle ruimteskip, Planeet Aarde. Soos julle weet, is hier geen passasiers aan boord nie. Ons is mos almal vlieëniers.

Ons lewer elkeen ‘n bydrae tot die roete en vlugplan van hierdie ruimsteskip. Ongelukkig lyk dit of julle maar swak vaar. Ek sou julle graag ‘n aangename vlug wou toewens, maar volgens die rekenaar se voorspellings gedra julle julle net so swak soos julle ouers en hulle ouers vóór hulle. Hierdie ruimteskip, Planeet Aarde, is nou al baie jare lank besig om die verkeerde roete en vlugplan te volg. Indien dit nie verander nie, sal ons ruimteskip op ‘n rampspoedige einde afstuur!

Dit hoef egter nie te gebeur nie! As julle besluit om ‘n paar dinge te verander en dit dadelik doen, gaan ons ‘n veilige eindbestemming hê. Julle moet almal begin om die aarde beter op te pas en om op te hou om rommel te strooi en die aarde te besoedel. Kies asseblief liewer hiérdie roete en vlugplan. Baie dankie.”

[LU 1.5.2]

Verdeel nou in groepe van vyf. Gesels oor die volgende vrae en kies iemand in die groep om terugvoering te gee oor julle antwoorde.

Watter afval of rommel gooi julle elke dag by julle huis weg?

Waarin gooi julle hierdie afval of rommel?

Is julle skoolgrond skoon?

Dink julle ‘n mens kan rommel sommer enige plek gooi? Hoekom sê julle so?

Kan ‘n mens van hierdie rommel wat weggegooi word, weer gebruik? Gee ‘n paar voorbeelde.

[LU 1.1.4; 2.1.2]

WAARIN? WAARMEE? WAAROP?

ONTHOU

Ons sê nie: Dit is die vullisdrom in wat ons die rommel gooi nie, maarDit is die vullisdrom waarin ons die rommel gooi.

Dit is die afval met wat ons die aarde besoedel nie, maarDit is die afval waarmee ons die aarde besoedel.

Dit is ons omgewing op wat ons trots is nie, maarDit is ons omgewing waarop ons trots is.

Verander nou die sinne soos in die voorbeeld:

Dit is die aarde. Ons woon op die aarde (waarop)Dit is die aarde waarop ons woon.

Dit is ons skoolgrond. Ons speel op die skoolgrond.(waarop)

Dit is die rommel. Ons bemors die aarde met die rommel.(waarmee)

Die aarde is soos ‘n ruimteskip. Ons reis in die ruimteskip.(waarin)

Oefen nog sulke voorbeelde.

MONDELING

Nuwe planne met ou rommel.

Julle moet elkeen een item skool toe bring. Hierdie item moet rommel wees wat eintlik weggegooi is, maar dalk nog gebruik kan word. Voorbeelde: ‘n leë blikkie; ‘n leë koeldrankbottel; ‘n ou koerant; ‘n plastieksak; ‘n ou hanger; ‘n leë melkkarton (of sapkarton); ‘n stuk tou; ‘n ou tandeborsel; ‘n leë glasfles, ens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask