<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Vullisdrom op die Speelgrond

Ai, sug die drom op die speelgrond,

Almal hardloop so ver om my rond.

Ek wonder of daar iets in my magie sal val.

Ek kan net so goed skuif tot daarbo teen die wal!

Niemand sien my raak vir wat ek moet wees nie.

Niemand wil die woorde op my magie lees nie.

“Gooi jou rommel hierin,” staan groot geskryf,

maar kyk, ek staan leeg met my groot, swarte lyf.

Leë bottels en blikkies en lekkerpapiere,

(ek eet en drink alles, want dis goeie maniere).

Leë sakkies en pakkies en stukke plastiek,

om te sien hoe dit rondlê, maak my so siek.”

Asseblief nou my maats, moenie so mors nie,

Julle wil nie die naam dra van morsjorse nie.

Gooi wat leeg en gebruik is, altyd in die drom,

want dit is mos waar die gemorsgoed moet kom!”

Beantwoord die volgende vrae deur ‘n merkie in die toepaslike kolom te maak.

W is Waar, O is Onwaar en OB is Onvoldoende Bewyse.

W O OB
Die vullisdrom staan op ‘n skool se speelgrond.
Hierdie vullisdrom voel baie gelukkig.
Die drom dink dit sal beter wees om te skuif na ’n ander plek.
Niemand sien die drom raak nie.
Daar is woorde op die drom geskryf.
Die drom se kleur is groen.
Die kinders in die skool koop net lekkergoed.
Daar lê baie vullis op die speelgrond rond.
‘n Morsjors is iemand wat altyd sy gemors weggooi
Gemors moet in ‘n vullisdrom gegooi word.

[LU 3.1.2]

HARDOPLEES

Kies die leesstuk by no. 1 of die gedig by no. 6 en berei dit voor vir hardop lees.

[LU 3.6.1]

Assessering

LU 1

LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):

1.1.4 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos of die les van die storie onder alle omstandighede reg is (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig);

1.5 respekteer ander leerders:

1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat.

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse stuk gereedskap gebruik word);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte:

4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses;

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:

4.2.1 skryf ‘n kort boodskap;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. besoedeling in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (bv. oor besoedeling in Natuurwetenskap);

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.4 klassifiseer dinge volgens bepaalde kriteria (bv. rommel teenoor nie-rommel);

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.1 luister na ‘n praatjie en teken inligting in ‘n tabel op of skryf byskrifte by ‘n diagram;

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

Memorandum

2.

(a) Dit is ons skoolgrond waarop ons speel.

(b) Dit is die rommel waarmee ons die aarde bemors.

(c) Die aarde is soos ‘n ruimteskip waarin ons reis.

6.

1. waar

2. onwaar

3. waar

4. waar

5. waar

6. onwaar

7. onwaar

8. waar

9. waar

10. waar

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask