<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Ruimte en vorm, patrone, datahantering

Module 13

Ondersoek twee-dimensionele vorms

Aktiwiteit 1:

Om tweedimensionele vorms te ondersoek en te vergelyk deur hulle te skep en op 'n rooster te teken [LU 3.3]

Om tweedimensionele vorms met die fokus op teëls te maak [LU 3.5]

DOEN DIT SELF: PRAKTIESE WERK

Jy mag met 'n maat of in 'n groep werk. Kry 'n leë graanvlokkiedoos (of iets soortgelyks) om stroke karton te knip. Die stroke moet breed genoeg wees vir jou om gate aan die ente te pons. Pons een gaatjie aan elke punt van elke strook. Hou al die stroke in 'n ou koevert en bring dit saam skool toe. Bring ook 'n pakkie papierspelde ( split pins ) na die les.

DIE MAAK VAN 2-DIMENSIONELE VORMS: hersiening van eienskappe en toets van styfheid of stewigheid.

1. Elke groep/paar leerders moet die volgende voltooi en hul bevindings op die stippellyne wat voorsien word, aanteken.

1.1 Driehoeke.

a) Maak 'n driekantige figuur deur die ente van drie kartonstroke wat ewe lank is met papierspelde aanmekaar te heg. Plaas nou die driehoek op 'n tafel of op die vloer en hou dit by die hoeke vas. Trek die hoeke liggies. Is dit moontlik om die vorm van die driehoek te verander wanneer jy aan die hoeke trek?

b) Maak nog 'n driekantige vorm met twee stroke karton wat ewe lank is en 'n derde strook wat langer of korter is. Speld dit aanmekaar met die papierspelde. Plaas dit ook op die tafel, hou dit by die hoeke vas en probeer die vorm verander deur aan een of meer van die hoeke te trek. Kan die vorm verander word?

c) Maak nou 'n 3-kantige vorm met drie stroke wat al drie verskillende lengtes het. Speld die stroke aanmekaar en plaas dit op die tafel. Trek liggies aan die hoeke om te sien of jy die vorm kan verander. Kan die vorm verander word?

d) Speld twee kort stroke van verskillende lengtes aanmekaar en gebruik dit om 'n vierkanthoek te maak. Hierby moet jy nou 'n derde strook las om 'n driekantige vorm met een vierkanthoek te maak. (Miskien sal dit nodig wees om 'n strook karton korter te knip om dit te kan doen.) Kan hierdie vorm verander word as jy dit eers by die hoeke gespeld het?

1.2 Jou groep behoort nou vier driehoeke te hê. Almal sal verskillende groottes hê, en elkeen sal drie kante hê. Gebruik hulle as versiering vir die klaskamer se mure en maak ook 'n groot, netjiese opskrif waarop DRIEHOEKE geskryf is.

  • Hoeveel kante het 'n driehoek?
  • Is die kante reguit of krom?
  • Is 'n driehoek stewig , of kan die vorm verander wanneer iemand aan die hoeke

trek?

  • 'n Vorm wat nie verander kan word nie, word as stewig beskryf. Omdat 'n driehoek stewig is, is dit die vorm wat gebruik word vir die konstruksie van die raam waarop 'n huis se dak gebou word. 'n Driehoek is sterk. 'n Mens sien ook driehoeke by die staalraamwerk van brûe.

Alle driehoeke het drie kante en almal is stewig.

2. Vierkantige vorms.

2.1 Speld vier ewe lang stroke aanmekaar om 'n vierkantige figuur te vorm. Is dit moontlik om reghoekige hoeke te vorm en dit tot 'n reghoek te maak?

2.2 Kan aan die hoeke getrek word om hulle anders as reghoekig te maak, maar steeds vier kante te hê wat ewe lank is?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask