<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 6.1

Aktiwiteit 2:

Om:

  • ’n verskeidenheid tekste vir inligting te kan lees;
  • te kan beskryf hoe hoofkenmerke en struktuur van ’n tekssoort bydra tot die funksie daarvan;
  • krities op tekste te kan reageer; en
  • Afrikaans te kan gebruik om te dink en te redeneer.
  • Dit is ‘n respons op letterkunde, in hierdie geval poësie, en dit gaan definitief in jou portefeulje gebruik word!
  • Dis wat jy gaan doen:
  • Kies drie gedigte wat oor diere handel.

Moenie die digter se naam vergeet nie, en onthou, jy mag nie ’n gedig sommer net fotostateer nie. Jy sal dit moet oorskryf, want daar is kopiereg daarop.

  • Maak ’n illustrasie van elke gedig van hoe jy die inhoud verstaan.
  • Toon aan watter een jou gunstelinggedig is en beantwoord dan die volgende vrae oor hierdie gedig.

1 . Waarom hou jy van hierdie gedig?

2 . Wat is jou gunsteling versreël(s) en hoekom is dit jou keuse?

3 . Wat is die toon van die gedig? Bewys jou antwoord.

4 . Haal treffende beelde uit die gedig aan en bespreek hulle geslaagdheid.

5 . Wat is die tema van die gedig?

  • Jou geskrewe gedeelte moenie meer as 150 woorde wees nie. Jou onderwyser sal aan jou ’n matriks waarvolgens jy beoordeel gaan word, gee.
LU 3.1 LU 3.5 LU 3.8 LU 5.1

Assessering

LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei;
3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte;
5.3 inligting verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Seine van die sku otters

Lydende vorm:

1. Klein senders is deur die veeartse in die twee otters ingeplant.

2. Krappe en vis word deur hom verkies.

3. Goeie besluite oor hul bewaring moet deur natuurbewaarders geneem word.

Voegwoorde:

1. Otters se voortbestaan is in gedrang omdat hulle natuurlike habitat besoedel word.

2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hul sosiale struktuur weet; dus het veeartse radiosendes in die otters ingeplant.

3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande, aangesien hy nie kloue soos ander roofdiere het nie.

Homofoon:

1. Dis nie myne nie, maar syne.

Meervoude:

1. kusse en kuste

2. mere

3. projekte

4. strukture

5. radio’s

As die leerders probleme met hierdie werk het, moet u teruggaan na module1.

AKTIWITEIT 2

Respons op teks

  • U sal moet help en verskillende digbundels klas toe bring. Help hulle waar u kan.
  • Gee aan hulle die matriks sodat hulle presies weet waarvoor hulle bepunt gaan word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask