<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 5

Om tekste vir inligting te lees

Aktiwiteit 1:

Om te verseker dat die taalvaardighede in die vorige module, bemeester is

  • Lees die onderstaande artikel en doen dan die opdragte.

SEINE VAN DIE SKU OTTERS

Natuurbewaarders van Kaapse-Natuurbe­waring in die Goukamma-natuurreservaat naby Knysna hou die bewegings van twee jong otters, Wesley en Otto, fyn dop.

Hulle is albei groototters, wat in die riviere en langs die kuslyn van Suid-Afrika leef. Hulle is spesiaal omdat hulle deel is van ’n navorsings­projek oor hierdie skaam waterdiere in die Tuin­roete.

Omdat ’n mens otters maar min sien, het veeartse klein radiosenders in Wesley en Otto ingeplant sodat die navorser Natalie Baker hul bewegings kan volg.

Nou waarom al die moeite doen om dae lank op die Groenvlei, ’n varswatermeer, in ’n bootjie te sit of langs die Goukamma-rivier spore te soek?

Navorsers wil vasstel waar hierdie skaam diere slaap en eet, hoe hulle sosiale struk­tuur werk, hoe hulle rondtrek en watter kos hul verkies.

Volgens natuurbewaarders lyk dit of die groot­otters in die omgewing al hoe minder geword het, want

  • die ongerepte riviere en kusgebiede waar hulle hou, word al hoe meer besoedel en ontwikkel; en sommige boere maak die otters dood as hulle hoenders vang.

Hierdie navorsing sal help om goeie besluite te neem oor hul bewaring en te keer dat hulle bedreig word.

’n Groototter is die grootste roofdier wat in die Kaapse waters hou en weeg tot 16 kg.

Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie, maar gebruik sy voorpote soos hande om sy prooi te vang en dit dan met sy sterk kake te eet. Hy verkies krappe, vis, paddas, seekat en selfs klein voëls en klein soogdiere soos muise.

Webbe wat tussen sy tone versteek is, werk soos paddavoete sodat hy vinniger kan swem. ’n Otter het ’n lang, stokkerige snorbaard, ’n platterige stert, klein oortjies en wit merke op sy bruin pels.

Wil jy meer weet oor die otter­projek? Loer by www.Capenature.org.za en klik op “biodiversity”.

Uit: KleinBurger, November 2002

  • Verskaf die lydende vorm van die volgende sinne.

1. Veeartse het klein senders in die twee otters ingeplant.

2. Hy verkies krappe en vis.

3. Natuurbewaarders moet goeie besluite oor hul bewaring neem.

  • Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

1 Otters se voortbestaan is in gedrang. Hulle natuurlike habitat word besoedel. (omdat)

2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hulle sosiale struktuur weet. Veeartse het radiosenders in die otters ingeplant. (dus)

3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande. Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie. (aangesien)

  • Maak ’n sin met die homofoon van die volgende.

1. seine

  • Verskaf die meervoud van die volgende.

1. kus .................................................. en ..................................................

2. meer ..................................................

3. projek ..................................................

4. struktuur ..................................................

5. radio ..................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask