<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Verskillende vorme van energie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Geheuekaart:

Bewegingsenergie: wind en water

Chemiese energie: voedsel

Warmte-energie: son

Elektriese energie: selle, batterye, dinamo’s, kragstasies

Ligenergie: son

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om 'n oorsig van energievorme en energiebronne te kan gee [lu 2.1]

  • Om te kan bestaan, benodig die liggaam brandstof in die vorm van voedsel. In voedsel is daar energie opgeberg en dit word chemiese energie genoem. Dit verskaf aan mense die energie om te kan leef, eet, slaap, hardloop, leer en dink.

Benewens chemiese energie is daar baie ander vorms van energie. Warmte-energie en ligenergie word hoofsaaklik van die son verkry. Bewegingsenergie word bv. verkry wanneer bewegende water ‘n waterwiel laat draai of wanneer bewegende lug (wind) ‘n windpomp laat werk.

Klankenergie word veroorsaak deur vibrerende voorwerpe, bv. die snare van ‘n kitaar.

Elektriese energie is die vorm van energie wat die meeste in die alledaagse lewe gebruik word. Elektriese energie word met behulp van dinamo’s opgewek. Elektriese energie is baie gerieflik, omdat dit met drade oor lang afstande vervoer kan word. Elektriese energie kan ook uit selle (bv. flitsselle) of batterye verkry word.

Gebruik die inleidingsparagraaf en voltooi die geheuekaart deur 'n bron van elke vorm van energie neer te skryf (probeer onthou wat jy in Graad 5 geleer het).

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask