<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 8

Om met taal te werk

AKTIWITEIT 1

Om met taal te werk, korrekte vorme en afleidings te gee, die gebruik van lees- en skryftekens te demonstreer, woordeskat uit te brei en omskrywings in een woord raak te vat

LU 6.1.2 LU 6.1.3 LU 6.1.6 LU 6.1.7
LU 6.2.1 LU 6.2.10
  • Lees die volgende teks deur en beantwoord die taalvragies daaroor. Die betrokke woorde/leestekens/skryftekens is telkens onderstreep en vet gedruk om jou te help om hulle raak te sien en ons werk die teks van bo af deur. Die paragrawe is van 1 - 9 genommer.

Teks A

Gestremde stap ver vir SA kankerpasiënt (uit Die Burger )

1) LONDEN - Mnr. Peter (Buddy) Geldenhuys, wat oor die hele wêreld bekendheid ______ het as Suid-Afrika se gestremde langafstandman, het pas hier aangekom nadat hy ____ ’n staptog van sowat 5 000 km deur Europa vir ’n Suid-Afrikaanse kanker (ly/lei) ertjie geld ______ het.

2) Geldenhuys (59), wat die _____ vyf jaar sowat 17 000 km op wêreldstaptog afgelê het, het sy ____ (waarmee hy pas klaargemaak het) tog op 29 Maart 2002 in Napels, Italië begin en deur Switserland, Oostenryk, Duitsland, België, Luxemburg en Frankryk gestap.

3) Hy het verlede Saterdag ___ veerboot die Engelse Kanaal _______ na Dover, waar Die Burger hom in die hande gekry het. Dié naweek het hy tot by Canterbury gestap en hoop om môre _____ Londen aan te kom. Dit sal beteken hy sal die tog van 5 000 km _____ 225 dae voltooi.

4) Geldenhuys het elke dag _____ 30 km met ’n Bybel , ’n rugsak van 35 kg , die Suid-Afrika vlag omhoog , ’n ekstra stel krukke en water, gestap om geld in te samel vir jong Lauren Banfield, ’n leukemie- pasiënt van Benoni.

5) Fanconi anemie ’n vorm van beenkanker is op drie jaar ouderdom by Lauren diagnose . Die siekte veroorsaak dat die beenmurg ( só dat dit nie meer sy doel dien nie ) raak en nie meer die noodsaaklike bloedsel-elemente wat in die bloedstroom vrygestel moet word, produk nie. Die gevolg is dat het die pasiënt ’n gevaarlik lae bloed plaatjie - en witbloedliggaamtelling.

6) Lauren het ’n tydjie gelede ’n beenmurgskenker in Duitsland gekry. Operasies op haar het reeds sowat R500 000 ____. Die laaste vyf jaar het Geldenhuys sowat R220 000 vir leukemie-pasiënte ingesamel en hy raam dat hy op sy Europese tog sowat R70 000 vir Lauren ingesamel het. Sy leuse is: “Dit kán gedoen word.”

7) Geldenhuys kan net met krukke loop nadat ’n rugoperasie sowat tien jaar gelede skeefgeloop het en hy permanent verlam en deel gestrem is.

8) Geldenhuys van Orange Grove, Johannesburg, het in 1998 van Chicago in die noorde van Amerika na New York en Washington aan die ooskus en toe na Los Angeles en San Francisco aan die weskus gestap. Dit het hom _____ ses maande geneem om dié afstand af te lê.

9) “Ek wil mense motiveer. Daar is mense wat nie ’n fisiese gestrem____ het nie, maar ’n gees een. Ek wil beklemtoon dat ’n mens ( enigeiets/enige iets/enigiets/enig iets kan _____ as jy besluit jy gaan,” sê hy.

Opskrif

1. Hoe kan ons aandui dat ver in die opskrif “baie ver” beteken?

Paragraaf 1

2. Waarom staan die naam (Buddy) tussen hakies?

3. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as oor die hele wêreld .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask