<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 1

Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep

VISUELE KUNSTE

Aktiwiteit 1:

Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep

[lu 3.8]

Voorbeeld van die kleurwiel:

Hersiening van die kleurwiel

Bestudeer die kleurwiel hierbo en beantwoord dan die volgende vrae:

  1. Noem die drie PRIMÊRE KLEURE op die kleurwiel.
  1. Noem die drie SEKONDÊRE KLEURE op die kleurwiel.
  1. Noem twee WARM kleure.
  1. Noem twee KOUE kleure.
  1. Wat noem ons die kleur wat verkry word deur ‘n primêre kleur met ‘n sekondêre kleur te meng?
  1. Noem twee pare KOMPLEMENTÊRE KLEURE op die kleurwiel.
  1. Noem twee ANALOË KLEURE.
  1. Verduidelik hoe ‘n GEEL-GROEN gemeng kan word.
  • Bespreek binne ‘n groep wat ‘n landskap is en stel ‘n lys van 10 voorwerpe in ‘n landskap op.
  • Teken nou op ‘n A3-grootte stuk papier ‘n denkbeeldige of werklike landskap met ‘n potlood.
  • Wanneer jy klaar is, moet hierdie landskap, denkbeeldig of werklik, oorgeteken word op ‘n ander stuk papier sodat jy twee eenderse landskappe het. Ruil daarna die oorgetekende landskap met iemand langs jou.
  • Verf nou die eerste landskap in komplementêre kleure en die tweede landskap in analoë kleure .

Aktiwiteit 2:

Om individueel in groepverband verskillende teksture te gebruik om ‘n kunswerk te skep

[lu 3.8]

TUISOPDRAG

Bring ‘n versameling van tien verskillende teksture d.m.v. frottage klas toe. Frottage is ‘n tegniek waar papier op ‘n voorwerp gesit word en daar dan oor die voorwerp met ‘n sagte potlood (2B, 4B of 6B) op die papier gekrap word. (‘n Bekende voorbeeld is wanneer ‘n muntstuk onder papier gesit word en dan in potlood verskyn terwyl daar oor die papier gekrap word.)

Dink byvoorbeeld aan: skoensole, baksteenmure, stoeloppervlakke, houttafelblaaie, verskillende materiale, ensovoorts.

Verdeel nou die teksture in die volgende:

VOORWERP GLAD MEDIUM GROF

Terug in die klas moet jy in jou groep ‘n plakkaat-grootte stuk papier in vier gelyke dele verdeel en dan van jou frottage-teksture daarop oorteken. Elkeen in die groep moet ten minste een beurt per blok of kwart kry om sy/haar frottage-tekstuur oor te teken.

Kleur kan nou bygevoeg word om in elke kwart ‘n seisoen uit te beeld. So byvoorbeeld kan die SOMER in GELE gedoen word, WINTER in BLOUE, LENTE in GROENE of PERSE en HERFS in ORANJES of enige ander kleurkeuses. Elke groep moet self besluit watter kleur hulle aan watter seisoen herinner.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEEN t.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon:
  • omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer;
VISUELE KUNS (3.8)
  • saamwerk met ander in die beplanning en skepping van ‘n gesamentlike kunsproduk of aanbieding wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask