<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Meetkunde

Opvoeders afdeling

Memorandum

Onthou jy nog wat die woord ewewydig beteken? Skryf gou ‘n definisie neer:

Konstant ewe ver van mekaar.

1. A: Ja

B: Ja

2. C

AKTIWITEIT 1.1

1.1 Stomphoek

1.2 Regtehoek

1.3 Omwenteling

  • Skerphoek

KOPKRAPPER

1. Skerphoek

Stomphoek

Gestrek

Regtehoek

2. Klasbespreking

Leerders afdeling

Inhoud

Onthou jy nog wat die woord ewewydig beteken? Skryf gou ‘n definisie neer:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Kom ons val weg met ‘n paar “kopkrappers”!

Kyk na die sketse hieronder en beantwoord dan die vrae:

1. Is EF en GH ewewydig aan mekaar in:

A: __________________________________________________________________

B: __________________________________________________________________

2. Is C of K die verlenging van F?

Onthou jy nog?

is ‘n lyn: AB
is ‘n lynstuk: EF
is ‘n straal: CD

Twee lyne wat mekaar sny, vorm ‘n hoek .

Ons noem die punt waar die twee lyne ontmoet, die hoekpunt .

Ons skryf: ABC

  • Het jy geweet?

Die eenheid waarin ons hoeke meet, is graad . Ons druk die grootte van‘n hoek in grade uit. ‘n Hoek van 60 grade skryf ons so: 60º.

Daar is ‘n paar soorte hoeke wat jy moet ken:

Soorte hoeke
1. ‘n Omwenteling of volle draai is 360° groot.
2. ‘n Gestrekte hoek is ‘n halfdraai en is 180° groot.
3. ‘n Regte hoek is ‘n kwartdraai en is 90° groot.
4. ‘n Skerphoek is groter as 0°, maar kleiner as 90°.
5. ‘n Stomphoek is groter as 90°, maar kleiner as 180°.

Aktiwiteit: om hoeke te herken en te beskryf [lu 4.11]

1. Hoe goed ken jy nou jou hoeke?

Werk saam met ‘n maat en kyk of jy kan sê watter soort hoeke die volgende is:

1.1
_________________________________
1.2
_________________________________
1.3
_________________________________
1.4
_________________________________

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.11: Dit is duidelik wanneer die leerder hoeke in twee-dimensionele vorms, drie-dimensionele voorwerpe en in die omgewing herken en beskryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask