<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie is ’n boek wat jou reeds van die pragtige omslag en ver­beeldingryke titel. (grammatikale fout, ten spyt) boei. Dit is ’n alternatiewe tienersliefdesver­haal in die­selfde tradisie as Human&Rousseau se Eerste Liefde-reeks. Dit is intelligent ge­skryf, die karakters lyk aan­vanklik stereotiep, maar hou aan om die leser te verras met diepte, humor en die natuur­like tiener-wroegings. Dit is ’n lekkerlees­boek, toeganklik vir meisies én seuns, en per­fek vir die lang somerdae wat wag.

Uit: By , 16 November. 2002

ONKYKBAAR

Die swakste fliek wat ek nog gesien het, was ’n griller getitel The Babysitter. (Ek en ’n vriend het die video uitgeneem omdat die meisie op die om­slag nie vreeslik baie klere aangehad het nie.)

Dit was ’n onkykbare fliek met ’n swak storie­lyn. Let egter op die verlede tyd. Iemand het besluit die rapper Snoop Dogg en ’n paar van sy vriende be­hoort ’n fliek te maak. Die resultaat is Tha East Sidaz wat pas op video uitgereik is. The Babysitter het kompetisie.

Snoop Dogg speel die hoofkarakter met die absurde naam Killa Pop. Killa Pop is ’n dwelm­handelaar en bendeleier wat nog net een dwelmtransaksie wil be­klink voordat hy ’n goeie, skoon lewe wil lei. Dan beland hy in die tronk, omdat een van sy getroue mede-misdadigers hom verraai het. Natuurlik ont­snap hy uit die tronk om wraak te neem.

Dit is regtig moeilik om enigiets goeds oor Tha East Sidaz te sê. Die storie is verveliger as her­uit­sendings van Felicia; die meeste woorde in die dialoog begin met die letter f en die oordadige ge­weld in die fliek is so voorspel­baar dat dit later lagwekkend word.

Die fliek lyk of dit met ’n videokamera geskiet is, en die kamerawerk gaan jou seesiek maak as jy voor die tyd iets

ge­ëet het. Neem dit net uit as uit-die-mode rappers met snaakse vlegseltjies jou amuseer of as jy nog nie leer vloek het nie en ’n gids soek.

jaco jacobs

  • Jou onderwyser gaan vir julle ’n Afrikaanse fliek wys en jou opdrag is dan om die resensent te wees en jou eie resensie te skryf.
  • Jou resensie moet ongeveer 150 - 200 woorde lank wees.
  • Onthou, dis vir jou skoolkoerant, dus moet jy die regte styl/register kies.
  • Jy gaan op die matriks vir langer skryfstukke beoordeel word.
  • Beskou dit as deel van jou portefeulje. AKTIWITEIT 3:
  • Om sinonieme, antonieme, homonieme, homofone en meervoude te verstaan en te kan gebruik
  • Om Adjektiewe, ook die verboë vorme en intensiewe vorme daarvan, te verstaan en te kan gebruik
LU 6.1 LU 6.2
  • Ons werk nog steeds met die resensie, Kalwerliefde met ’n verskil.

1. Maak ’n kort sinnetjie met die homoniem van elk van die vetgedrukte woorde:

1.1 Die boek boei jou.

1.2 Dit lyk stereotiep.

2. Verskaf ’n sinoniem vir elk van die vetgedrukte woorde.

2.1 Daar is baie geykte karakters.

2.2 Dit blyk ’n misverstand te wees.

3. Daar is ’n paar woorde in die teks wat beteken dat iets al vervelig en algemeen geraak het. Kyk of jy VIER kan kry.

3.1

3.2

3.3

3.4

4. Verskaf die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord:

4.1 die omslag van die boek

LU 6.1

5. Wat is die intensiewe vorm van:

5.1 verlief?

5.2 nuwe?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask