<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kreatiewe denke is ‘n vereiste. ‘n Entrepreneur boots nie na nie, maar doen iets nuuts of doen iets wat reeds bestaan, beter.

Entrepreneursaksies kan in verskillende groepe verdeel word. Die volgende is ‘n breë indeling waarbinne verdere onderverdelings gemaak sou kan word:

  • Iets wat reeds bestaan en volop beskikbaar is, kan vir iets anders gebruik word (nuwe doel) . Iemand het byvoorbeeld besluit om baksteenreste wat nie meer vir messelwerk geskik is nie by persele waar bouwerk aan die gang is, op te koop en vir plaveiwerk te gebruik teen ‘n prys waarteen ander plavei-ondernemers nie kon kompeteer nie. Dit was ‘n groot sukses.
  • Iets wat reeds bestaan, kan verander om verbetering teweeg te bring (verbetering) . Die ontwikkeling van die mikrovlokkie (‘microchip’) in rekenaartegnologie is ‘n goeie voorbeeld, asook die verkleining van reuserekenaars wat ‘n vertrek volgestaan het na persoonlike rekenaars (‘desktops’) en later na skootrekenaars (‘laptops’). ‘n Heel ander voorbeeld is waar ‘n winkeleienaar besluit om te diversifiseer deur sy produkreeks uit te brei. Hy verbeter dus sy dienslewering.
  • Iets nuuts kan ontwikkel word wat iets wat reeds in die mark beskikbaar is, heeltemal vervang (vervanging). Plastieklense vir brille is byvoorbeeld besig om glaslense te vervang.

2. Doen navorsing en beskryf die idee volledig. Maak eers rowwe notas en skryf die finale poging hieronder neer. Doen dit deeglik, want jy gaan hierdie idee vir die res van die module gebruik.

My besigheidsidee:

  • Produk of diens (dui aan of dit ‘n nuwe doel, verbetering of vervanging is)
  • Vervaardiging en/of verkryging
  • Die mark (wie gaan koop, hoekom, en hoekom hulle dit sal kan bekostig)
  • Bemarkingstrategie
  • 3. Toets nou die finansiële lewensvatbaarheid van die besigheidsidee. Ons het tot nou toe gekyk na die besigheidsidee in terme van die produk, die vervaardiging en verkryging daarvan, die mark (die kopers) en die wyse waarop ons die kopers gaan laat koop (bemarkingstrategie). Nou moet ons egter seker maak dat die idee wel finansieel lewensvatbaar is. ‘n Besigheid is slegs ‘n besigheid as dit wins maak. Dit beteken dat ons ons produk of diens nie teen ‘n verlies moet verkoop nie en dat die gelykbreekpunt (die getal items of dienskontrakte wat ons moet verkoop om gelyk te breek) realisties haalbaar is.
  • Om dit te kan doen, moet ons na die volgende kyk:
  • die verkoopprys;
  • die koste direk verbonde aan die daarstelling van die produk of diens;
  • die kostes wat aangegaan moet word om die besigheid te laat funksioneer (bv. vervoer en bemarking).

Die verkoopprys

Die verkoopprys word eers voorlopig bepaal deur marknavorsing. Daar word met die navorsing vasgestel watter soortgelyke produkte of dienste bestaan en wat hulle kos.

Die koste van die produk

‘n Produk kan nie maklik sonder enige uitgawes daargestel word nie. Selfs as byvoorbeeld fonteinwater getap en verkoop word, kos die houers (bottels) geld.

Bedryfskostes

Bedryfskostes sluit enigiets in wat nodig is om die besigheid aan die gang te hou, soos vervoer, salarisse, bemarking, posgeld, telefoongeld, ensovoorts.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask