<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en gepas daarop reageer;
1.3 kenmerke van mondelinge tekste identifiseer (struktuur, taal, toon, register, ens.) wat dit gepas vir verskillende doeleindes en teikengroepe maak.
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
2.3 gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede gebruik:
2.3.2 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings;
2.3.3 pas tempo en volume vir klem aan;
2.3.4 gebruik pouses gepas en pas toon volgens die doel aan.
2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos gedigte, boekresensies, kort romans, omsendbriewe, naslaanboeke) lees:
3.1.1 vluglees vir die algemene idee;
3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multimedie-tekste (soos advertensies, video’s/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM’s):
3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;
3.3 emosionele reaksie op tekste beskryf en ontleed;
3.4 kan bespreek hoe skrywers en visuele kunstenaars op verskillende maniere met lesers in wisselwerking tree en hoe hulle taal en visuele kenmerke gebruik om verskillende wêreldbeskouinge oor te dra;
3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:
3.8.1 identifiseer en bespreek vertelperspektief en die doel en effek daarvan.
Aktiwiteit 1
Weer eens is deeglike voorbereiding noodsaaklik vir die voorlees van hierdie teks aan die klas. Nie net moet u die gebruik van u stem as goeie voorbeeld inspan nie, maar u moet self ook die agtergrond van die verhaaltjie verstaan sodat u dit aan u leerders kan oordra.
Die koninklike gesin van Engeland (Koning George VI, Koningin Mary en hulle twee dogters, Elizabeth en Margaret) het Suid-Afrika in 1947 besoek en per trein deur groot dele van ons land gereis. (Elizabeth is natuurlik tans die koningin). Waarskynlik het hulle ook Montagu besoek. Oom Kowie Brönn het miskien sy droom “opgemaak” en die skrywer, Abraham H. de Vries, het dit neergepen.
Maak seker dat die leerders verstaan dat die kamtige vriendskaplike verhouding tussen Oom Kowie en die koning bedoel is om humoristies te wees.
a)
Ongeskik - nee
Respekvol - ja
Ongemanierd - nee
Vriendelik - ja
Onvriendelik - nee
(vi) Ek daar in, hier kom die koning ook aan. Val my byna om die nek.
Ek stap daar in en hier kom die koning ook aan. Hy val my byna om die nek.
Aktiwiteit 2 (Groepbespreking)
b)
Aktiwiteit 3 (Klasaktiwiteit)
... hy skeer net gou.
Trap net mooi, hulle het vanoggend die kombuisvloer gesmeer.
Aktiwiteit 4 (Rollees)
U moet deurgaans poog om dit vir die leerders ‘n aangename ervaring te maak. Gebruik ook u eie inisiatief om, indien u tyd dit toelaat, ook ander humoristiese verhaaltjies (u keuse of leerders se keuse) te rollees. U moet natuurlik net seker maak dat daar genoegsame dialoog in so ‘n verhaaltjie is.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?