<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wanneer ons taal gebruik, wend ons dit aan om by die omstandighede te pas. Ons kies soms spesifieke woorde, frases of sinne om die luisteraar (of leser) te beïnvloed. Ons wil miskien die ontvanger van die boodskap oorreed om soos ons te dink. Daarom gebruik ons eerder emotiewe taal (oorredende taal) as feitelike taal . Kyk byvoorbeeld na die verskil in impak wat die volgende sinne het:

  • Jan het 125 kilometer per uur gery.
  • Jan het heeltemal te vinnig gery.

Die eerste sin stel bloot die feit, terwyl daar duidelik vooroordeel in die tweede sin uitgespreek word. In die tweede sin word die spreker se mening uitgespreek. (Die spreker in die eerste sin is objektief , terwyl die spreker in die tweede sin subjektief is.)

1. Vorm klein groepies (4 of 5 leerders) en kyk fyn na die leesstuk hierbo. Identifiseer ’n paar voorbeelde wat die verskil tussen feitelike en oorredende taal illustreer (m.a.w. objektiewe taal teenoor subjektiewe taal). Gesels oor hierdie verskynsel en gee voorbeelde uit jul alledaagse taalgebruik.

2. Skryf twee voorbeelde van elke tipe uit die teks neer:

  • oorredend / mening / subjektief:
  • feit / objektief:

3. Bly nog steeds in jul groepies. Julle moet nou ’n situasie uitspeel. Verbeel julle dat julle ook voorheen benadeelde, werklose mense is wat nou aan die Ruth Prowse Kollege studeer. Julle sit in die werklokaal waar julle besig is om kunstige voorwerpe te maak. Julle sit sommer oor koeitjies en kalfies en gesels terwyl julle werk. Hoe sal julle taal klink? Met watter aksent en dialek praat julle? Hou die inligting in gedagte wat in die voorafgaande teks verskaf is. Gebruik jou verbeelding en probeer so oortuigend optree as wat jy kan.

4. Maak nou ’n lys van ten minste vyf sleng- of dialekwoorde wat julle gebruik het, en verduidelik in “gewone” (Standaard-) Afrikaans wat die woorde beteken.

5. Hoe sou dit geklink het as hierdie studente in “Standaard-Afrikaans” gesit en gesels het? Sou dit lewensgetrou wees? Gee ten minste twee redes vir jou antwoord.

LU 1.5 LU 1.6

Aktiwiteit 3

Om bewustheid en gebruik van styl te ontwikkel

  • Gaan nou terug na die leesstuk hierbo (teks A) vir ’n klompie taaloefeninge.

Idiomatiese Taalgebruik

Idiomatiese taal beteken nie die idiome wat in ’n taal voorkom nie, maar die korrekte manier waarop woorde saam gebruik word in vaste uitdrukkings. Dis idiomatiese taalgebruik wat aan elke taal sy unieke karakter gee, en op grond waarvan ’n mens kan sê iemand praat “reg” of “verkeerd”. So sê ’n mens bv. in Engels “ take steps,” maar in Afrikaans “stappe doen .” In die leesstuk kry ons bv: “Sy deel . . . doen.

1. Haal nou uit die leesstuk nog moontlike vaste (idiomatiese) uitdrukkings wat jy kan raaksien en skryf hulle neer.

2. Gebruik hierdie vaste uitdrukkings in sinne.

LU 6.4.3

Aktiwiteit 4

Om met woorde te werk (afleidings)

Afgeleide Woorde

In alle tale kry ons dit dat woorde aan mekaar verwant is omdat hulle van dieselfde woord (genoem die STAM) afgelei word/is. So is MAGtig, MAGteloos en onMAG bv. almal van een woord, nl. MAG, afgelei).

1. Gaan soek nou in die leesstuk woorde wat van die volgende woorde/stamme afgelei is:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask