<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Knip stik kap

Opvoeders afdeling

Memorandum

Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.

Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.

Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.

Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.

Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.

TYDSKEDULE VIR DIE MODULES

Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.

Die skoenmaker en die kabouters word gebruik om met genot lees te bevorder en woordeskat uit te brei.

Klanke wat net soos in Engels klink word behandel: r, s, t, p, n, l, k, h, m, p, f, d.

Sigwoorde moet deeglik vasgelê word deur middel van flitskaarte, speletjies en daaglikse oefening.

Die gedig “My nuwe hemp” hersien klere en kleur en stel woordeskat voor.

Mondelinge kommunikasie word aangemoedig deur middel van die strokiesverhaal.

INTEGRASIE VAN TEMAS

  • ‘N GESONDE OMGEWING

Die skoenmaker en die kabouters:

  • Mense moet vir mekaar omgee. Rykes moet vir armes help.
  • Leerders leer emosies van bekommernis, omgee, sorgsaamheid, vreugde erken en hanteer.

My nuwe hemp:

  • Mense se eie behoeftes moet erken word.
  • Ons verskil ten opsigte van ons keuses en behoeftes.

Strokiesverhaal:

  • Die dra van veiligheidsgordels.
  • Kabouters se klere
  • Netheid en orde dra by tot gesonde lewe.
  • Beplanning dra by tot orde en dissipline.
  • SOSIALE GEREGTIGHEID

Almal is nie ewe bevoorreg nie.

Almal is geregtig op hul eie keuse.

Elkeen het sy eie besondere behoeftes.

Verantwoordelike optrede is noodsaaklik en ‘n reg van elke mens.

  • MENSEREGTE EN INKLUSIWITEIT

Almal se behoeftes moet erken word.

Almal se emosies moet erken word.

Mede-verantwoordelikheid vir veiligheid van mede-reisgenote.

Netheid en orde bevoordeel die hele gemeenskap.

Mede-verantwoordelikheid vir openbare geriewe.

  • Voorblad: Maak seker dat leerders verskillende soorte skoene soek bv. sandale, stewels, sportskoene, kinderskoene, mansskoene, damesskoene, moderne en outydse skoene.

. Laat leerders elkeen ‘n paar spesiale skoene skool toe bring. Gesels in groepe oor die nut en gebruik van die skoene.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask