<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Regte en verantwoordelikhede

Module 6

Kinderregte

Kinderregte volgens die Suid-Afrikaanse grondwet

In module 4 het julle die 12 regte en pligte van Suid-Afrikaanse kinders soos dit in ons grondwet (konstitusie) voorkom, op plakkate uitgeskryf. Hierdie plakkate kan nou weer teen die muur aangebring word. Dalk was dit so mooi en netjies dat dit steeds in julle klaskamer pryk!

In die eerste module het ons gekyk na die regte wat die gesondheid van kinders raak. Nou gaan ons na al 12 regte en pligte kyk.

Aktiwiteit 1

Om kinderregte in jou eie woorde oor te skryf [lu 2.1]

Skryf die kinderregte in jou eie woorde oor. 'n Woordeboek kan hier goed gebruik word om sinonieme (ander woorde met dieselfde betekenis) op te spoor wat nuttig sal wees om die opdrag uit te voer.

Dalk wil julle jul eie kindergrondwet op ‘n perkamentrol skryf. Laat dit lyk soos ‘n ou historiese geskrif met ‘n rooi seël en ‘n satynlint om die rolletjie vas te bind.

OF

Maak van jou rekenaarvaardighede gebruik om jou eie ‘cool’ dokument te maak waarin jy al jou ‘desktop publishing’-tegnieke gebruik. Maak dan ’n kleuruitdruk.

OF

Gee die regte in ‘hiërogliewe’ (prenteskrif) weer. Vervang sommige van die woorde met prentjies.

Assessering

LEERUITKOMS 2: SOSIALE ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask