<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3.1 Doen navorsing om die volgende vrae te kan beantwoord:

(a) Wat is ’n pantomime?

’n Pantomime is

(b) Noem drie kenmerke van die pantomime. (Skryf volsinne.)

(c) Noem enige balletstuk wat op ’n sprokie gebaseer is.

(d) Vind uit wie die musiek vir hierdie ballet gekomponeer het. (Soms is daar meer as een komponis wie se musiek vir verskillende uitvoerings gebruik word. Noem net een.)

(e) Skryf neer waar jy die inligting gekry het (m.a.w. die bron ).

(f) Skryf die naam neer van enige beroemde sprokieskrywer.

LU 1.1 LU 3.1 LU 5.2

AKTIWITEIT 2

Om

  • vir genot te lees en om kommentaar te lewer oor wat jy gelees het
LU 3.1 LU 3.7
  • Die bekende skryfster, Riana Scheepers, se jeugboek, Blinde sambok , is in 2001 gepubliseer. Die hoofkarakter, ’n wit plaaskind, Gideonette de la Rey, sit baie graag saans om ’n misvuur na die stories van ’n ou Zoeloevrou en luister saam met haar boesemvriend, Bhubesi, ’n Zoeloeseuntjie.

1 . Lees die stukkie hieronder (dis hoofstuk 8 van die verhaal) wat so ’n toneeltjie beskryf. Probeer gerus om die boek in die hande te kry en die hele verhaal te lees.

Die lug ruik na nat grond toe ek en Bhubesi uithardloop. Buite het die reën net opgehou, die bome is nog vol druppels wat aan die blare hang. Ek ruik grond en nat, groen dennenaalde.

Dit was ’n vinnige, harde donderbui wat oor die plaas getrek het. Kwaaireën, soos oupa Lewies altyd sê. Eers het die wolke in Rooirant se rigting dikblou geword, en toe pikswart. Die weerlig, wat in die verte oor die skurwe bergrant eers net dowwe ligflitse was, het al nader na ons kant toe en al harder begin slaan.

Soos oupa Lewies my geleer het, het ek stil gestaan en getel om te hoor waar dit die grond tref. As jy die ligstraal sien, begin jy die sekondes aftel: groenkrokodil een, groenkrokodil twee . . . Die aantal krokodille wat dit vat van jy die lig sien tot jy die slag hoor, is die aantal kilometer van jou af waar die weerlig die aarde tref.

“Maar jy wag nie om te kyk hoeveel groenkrokodille jy kan tel as die weer dik raak nie, jy sorg dat jy by die huis kom! Ons wil jou nie dood in die veld optel nie! Het jy my gehoor, Gideon?” het oupa Lewies geraas.

Dit was nog nie tyd om in te gaan nie, die weerlig was nog ver. Ons kon nog buite bly en kyk na die lug wat lyk asof dit oorlog maak.

“Hier waar ons tussen die ysterkliprante bly, moet ’n mens weet van weerlig, Gideon,” sê oupa Lewies altyd vir my.

Oupa Lewies het my nog nooit Gideonette genoem nie, die naam is vir hom te lank. En buitendien, het ek gehoor hoe hy vir ouma Willemien sê, die kind loop hier rond en is doenig op die plaas net ’n seunskind.

“Jy moet weet hoe weerlig maak, Gideon, en jy moet weet wat om te maak as dit begin slaan, anders is jý die een wat geslaan gaan word. In hierdie geweste slaan die weerlig jou soos die blinde sambok, nog voor jy weet wat jou getref het, lê jy morsdood. Ons verloor elke jaar omtrent tien beeste wat deur die weerlig geslaan word, en dit kan ewe maklik met ’n mens gebeur,” het oupa Lewies al drie-miljoen keer vir my gesê.

Teen dié tyd weet ek dit al. Maar ek weet ook jy kan maar eers bang raak as jy nie meer kans kry om by die groen van die krokodil te kom nie. Dán moet jy maak dat jy in die huis kom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask