<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 7

Karakters en intrige

AKTIWITEIT 1

Om

  • jou luistervermoë te toets en om stories te verstaan en te waardeer
  • begrip te toon van karakter, intrige en ruimte
  • onafhanklike navorsing oor die kurrikulum te doen
LU 1.1 LU 3.1 LU 5.2
  • Van die eerste stories waarna ons luister as ons nog baie klein is, is sprokies. Julle ken almal sprokies soos Jan en die boontjierank , Die sewe bokkies , Hansie en Grietjie , Die padda wat ’n prins geword het en Sneeuwitjie . Julle onderwyser gaan nou vir julle die sprokie van Doringrosie voorlees. (Dit word ook Die skone slaapster – in Engels “Sleeping Beauty” - genoem). Luister baie aandagtig, want aan die einde van die storie moet julle ’n paar vrae beantwoord en julle gaan daarna nog oor die storie gesels.
  • (DIE ONDERWYSER LEES VOOR UIT DORINGROSIE )

1. Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

1.1 Hoeveel feë het die koning na die fees uitgenooi?

1.2 Wat het die bose fee gesê toe sy na die baba se wiegie stap?

1.3 Wat het die twaalfde fee gedoen om die slegte wens beter te maak?

1.4 Watter dramatiese gebeure het op die prinses se vyftiende verjaarsdag plaasgevind?

1.5 Wie het die prinses gered, en ná hoe lank het dit gebeur?

1.6 Is daar iets omtrent die verhaal wat jou amuseer? Indien wel, noem dit kortliks.

1.7 Beskryf in jou eie woorde hoe die kasteel ná baie jare moes gelyk het:

a) Die tuin:

b) Binne-in die kasteel:

1.8 Dink jy ’n bose fee is mooi of lelik? Gee ’n rede vir jou antwoord.

1.9 Wat is die geluid wat die perde gemaak het?

Voltooi: Die perde het ge

1.10 Het jy enige les uit hierdie sprokie geleer? Indien wel, wat is die les?

2 . Sommige van die kenmerke van ’n sprokie (m.a.w. sprokies in die algemeen) word hieronder genoem. Kan jy van hierdie elemente in die sprokie van Doringrosie raaksien? Dink eers goed na oor die verhaaltjie van Doringrosie, en sê dan ná elke punt of dit op hierdie sprokie toegepas kan word. Sê eers net “Ja” of “Nee”, en verduidelik kortliks hoekom jy so sê.

2.1 Die hoofkarakter is óf ’n mens óf ’n dier.

2.2 Soms is daar meer as een hoofkarakter.

2.3 Die hoofkarakter (soms van die ander karakters ook) gaan dikwels op ’n reis.

2.4 Die hoofkarakter se avonture begin dikwels wanneer hy/sy ’n woud (bos) of ’n gebou binnegaan.

2.5 Hy/sy maak kennis met drake, hekse, koninklikes of een of ander skelm of kwaaddoener.

2.6 Soms verdwaal die hoofkarakter(s).

2.7 Die hoofkarakter word deur iets bedreig (die bose).

2.8 Hy/sy beleef ’n krisis.

2.9 Die bose word oorwin.

2.10 Die held of heldin gaan soms terug na waar hy/sy vandaan gekom het.

2.11 Hy/sy is dan gewoonlik ’n “veranderde” mens.

3 . Soos jy kan sien, is daar baie dramatiese gebeure in ’n sprokie. Dink maar aan die sprokies wat julle ken, bv. Jan en die boontjierank, Gouelokkies of Hansie en Grietjie . Dit beteken dit sal ’n goeie verhoogstuk uitmaak.

  • Balletstukke en pantomimes wat op sprokies gebaseer is, word gereeld opgevoer.
  • Sprokies word nie net gebruik om klein kindertjies mee te vermaak nie! Selfs sommige operas (ernstige musiek toneelstukke met baie musiek en sang? vir volwassenes) is op sprokies gebaseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask