<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Ontdek strukture

Module 10

Inleiding tot strukture

AGTERGROND

Enige voorwerp is ‘n soort struktuur . Slaan in die verklarende woordeboek na wat die vetgedrukte woord beteken en skryf dit neer.

Opdrag 1

Wat is die nut van strukture?

Voltooi : (Kies uit die volgende moontlikhede: brug, ‘n kamer, mandjie, kartondoos vir appels, boekrak)

‘n Struktuur: a) bevat dinge, bv. _ en/of

b) beskerm dinge, bv. _ en/of

c) ondersteun dinge, bv. _ en/of

d) omsluit ‘n ruimte, bv. _ en/of

e) strek oor ‘n afstand, bv. _

[LU 2.1]

‘n Huis is ‘n struktuur wat al bogenoemde funksies verrig. Dit bevat meubels, beskerm jou en jou besittings wat daarin bly, ondersteun die dak, omsluit ruimtes en strek oor ‘n afstand.

Opdrag 2

‘n Struktuur moet sy eie gewig en die las wat dit moet dra, kan ondersteun en nogtans sy vorm behou. ‘n Las kan ‘n voorwerp, ‘n persoon of ‘n krag wees. Wat is die las in elk van die volgende voorbeelde?

[LU 2.1]

Opdrag 3

Hoe kragte op strukture inwerk

Watter invloed oefen kragte op strukture uit?

  1. Dit _ voorwerpe beweeg.
  2. Dit _ dat voorwerpe beweeg.
  3. Dit verander die _ van beweging.
  4. Dit verander die _ van beweging.
  5. Dit verander die _ van voorwerpe.

[LU 2.1]

Opdrag 4

Die uitwerking van kragte kan nie altyd gesien word nie.

Wat veroorsaak die hoofkragte wat op dele van strukture werk? (Kyk by Opdrag 2)

  1. Die _ wat op die strukture geplaas word.
  2. Die _ van die struktuur self.

[LU 2.1]

Opdrag 5

Watter twee kragte werk op strukture in?

  1. __ pers ‘n deel van ‘n struktuur saam deur te probeer omdie kante nader aan mekaar te druk.
  2. __ rek ‘n deel van ‘n struktuur deur te probeer om deleuit mekaar te trek.

Ons sê ‘n deel van die struktuur is in 'n _ of _ toestand.

Pale word saamgedruk, of is onder druk.

Die mure van die huis word saamgedruk, of is onder druk.

Die kettings van die swaai word getrek, of is onder spanning.

Die lang ketting en die twee kort skakels op hierdie uithangbord word getrek, of is onder spanning.

[LU 2.1]

Opdrag 6

Kragte wat op ‘n struktuur inwerk, kan die dele van die struktuur laat meegee

of vervorm. ‘n Deel se weerstand teen vervorming hang af van

a) die _ waarvan dit gemaak is,

b) sy _

c) sy _

d) en die _ waarop jy dit probeer buig.

Strukture moet _ , _ en _ wees sodat dit nie inmekaar stort of omval wanneer jy ‘n las daarop plaas nie.

[LU 2.1]

Opdrag 7A

Kom ons ondersoek die vertikale sterkte van dopstrukture:

Opdrag aan die opvoeder:

Verdeel die klas in groepe. Deel aan elke groep ses A4-manillas van dieselfde dikte uit, asook ‘n blik met los spykers en ‘n plat stuk dik karton van 10 cm by 10 cm.

Opdrag aan elke groep:

Vou elke manilla soos wat in die sketse verduidelik word sodat dit ‘n blik met spykers daarin kan ondersteun. Ondersoek elke manier en besluit watter struktuur die swaarste las kan ondersteun. Die hoogte van jul struktuur moet die breedte van die manilla wees. Julle mag die manilla vou en op vyf plekke met maskeerband plak. Elke stuk maskeerband moet 5 cm lank wees. Die plat stuk dik karton moet op die struktuur geplaas word met die blik spykers bo-op. Kyk watter struktuur die meeste spykers kan ondersteun. Maak ‘n regmerkie by die skets van die struktuur wat die swaarste las kan ondersteun.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask