<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Grond en mag

Module 8

Industrialisasie in suid-afrika

Suid-Afrika beskik oor ‘n geweldige mineralerykdom. Goud, diamante en platinum en noodsaaklike basismetale soos koper, tin, yster, lood en sink word ontgin. Die mynbou-sektor is dus ‘n belangrike bron van werkskepping. Die enigste ander land met so ‘n omvangryke verskeidenheid minerale en metale soos Suid-Afrika is die uitgestrekte Rusland.

Die Ontdekking van Goud en Diamante in Sa

Teen die middel van die negentiende eeu was die gebiede wat Brittanje in Suid-Afrika gekoloniseer het, vir die Britte ‘n ekonomiese las. Droogtes in die Kaapkolonie; gevegte in die Oranje-Vrystaat met die Basoeto’s en swak binnelandse markte in die ou ZAR (Transvaal) het daartoe gelei dat die Britte hul beheer oor hierdie gebiede beëindig het deur die ondertekening van die Sandrivierkonvensie in 1852 met Transvaal en die Bloemfonteinkonvensie in 1854 met die OVS.

Die ontdekking van goud in 1868, noord van die Limpopo-rivier, by Tati het aanvanklik nie veel aandag getrek nie, want in 1867 is die eerste diamant naby Hopetown ontdek. Hierdie diamante was spoeldiamante, wat in die spoelgrond langs die riviere aangetref is.

Weerskante van die Vaalrivier is meer diamante gevind wat gelei het tot ‘n grootskaalse instroming van delwers. Die delwers kon nie met Pretorius, die president van die ZAR oor hul regte ooreenkom nie en het hul eie delwersrepubliek by Klipdrif uitgeroep.

In 1870 en 1871 is diamante verder van die Vaalrivier af, eers by Dutoitspan (later Kimberley) en toe by Vooruitzicht ontdek. Hierdie droë delwerye het bekend geword as die grootste diamantvondste in die wêreld en buitelanders het nou op die gebied toegesak. Konflik tussen die verskillende aanspraakmakers op die diamant­grond, naamlik die republieke, die kolonies en die inboorlingkaptein was onvermydelik.

Alhoewel J.H. Davis al in 1852 die eerste goud in die bekende Witwatersrand op ‘n plaas naby Krugersdorp ontdek het, het die ZAR-regering hom gedwing om stil te bly daaroor. Verskillende ander goudvondste is gemaak, soos die vonds van Walker en Harrison op die plaas Langlaagte. Eers in 1886 was dit duidelik dat hierdie vonds die hoofgoudrif van die Witwatersrand was.

Die dorp Johannesburg het ontwikkel op die plaas Randjeslaagte. Transportryers kon nie tred hou met die vervoer van mense en goedere nie, gevolglik is spoorlyne aangelê. Johannesburg is in 1892 deur middel van ‘n spoorlyn verbind met Kaapstad en in 1895 met Durban.

Aktiwiteit 1: tydoefening

  • Trek nou ‘n TYDLYN waarop jy die gebeure op die Suid-Afrikaanse diamant- en goudvelde wat hier bespreek is, aandui. Gaan soos volg te werk:

a) Skryf die woord TYDLYN en waaroor die tydlyn handel, bo-aan.

b) RANGSKIK eers die DATUMS in CHRONOLOGIESE VOLGORDE.

c) SKRYF nou die DATUMS onder mekaar neer.

d) VUL nou slegs die GEBEURE wat op die datums betrekking het, langs elke datum in. Sorg vir volledigheid.

LU 1.2 LU 1.4 LU 1.5 LU 2.1 LU 2.2

Aktiwiteit 2: bron a en b

  • Lees die volgende twee bronne noukeurig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask