<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 3:

Om te skat en bereken deur 'n tegniek uit 'n reeks te kies en toe te pas [LU 1.1, 1.8.3, 1.8.6]

1. Jy het maniere gevind om antwoorde vir tafels wat jy nie uit die hoof ken nie, te bereken. Skat die antwoorde vir die volgende met behulp van afronding. Skatting behoort vinnig en maklik te geskied, maar dit verskaf net benaderde antwoorde. Vind nou maniere om die presiese antwoorde vir die volgende somme uit te vind. Skryf al die stappe wat jy volg, uit:

1.1 7 x 18

Bespreek jou metodes met maats in jou groep.

1.3 36 x 54

Voorbeelde van metodes:

  • 7 × 18 Skatting: 7 × 20 = 140; die antwoord is omtrent 140

7 × 10 + 7 × 8 d.w.s. 7 maal alles van 18

Ander maniere om die presiese antwoord te kry:

of: 18 + 18 + 18 + 18 + 18 +18 + 18

of: 7 × 20 - 14

Daar is nog meer metodes. Probeer om dit uit te werk.

  • 64 × 35: dit is alles van 64 × alles van 35. Skatting: 60 × 40 =2 400

60 × 30 = 1 800

60 × 5 = 300 d.w.s. tel alle antwoorde bymekaar

4 × 30 = 120

4 × 5 = 20

2 240

Wanneer jy hierdie metode heeltemal gemaklik kan volg, kan jy weer met die ou, tradisionele, vertikale metode werk. Moenie te gou daarmee aangaan nie – onthou; hoe meer haas, hoe minder spoed.

2. Woordsomme.

2.1 Verdeel 54 Smarties gelykop tussen 9 maats. Hoeveel kry elkeen?

2.2 54 leerders moet na 'n atletiekbyeenkoms vervoer word. Die afrigter wil voertuie huur wat 8 passasiers kan vervoer. Hoeveel voertuie sal hy moet huur?

2.3 'n Winkelier het 106 appels. Hy verpak hulle in klein bakkies om hulle in sy winkel te verkoop. Daar is 6 appels in elke bakkie. Hoeveel bakkies kan hy vul?

'n Paar metodes:

  • 9 + 9 + 9 + 9 + 9 + 9 (Hoeveel 9’s in 54?)

of: 54  9

9 × ? = 54

Daar is nog meer metodes

  • 54  8

6 × 8 = 48; 6 res. 6 maar hulle is ook mense wat by die atletiekbyeenkoms moet kom.

7 × 8 = 56

7 voertuie sal benodig word, maar daar sal 2 leë sitplekke in een van hulle wees.

  • 106  6

10 × 6 = 60

5 × 6 = 30

2 × 6 = 12

102

17 bakkies res. 4 appels (Die sleutelwoord by hierdie som is "vul".)

Daar is ook ander maniere. Bespreek hulle met jou maats en vind die manier wat julle die maklikste kan verstaan.

3. Bereken die antwoord. Skryf die stappe van jou berekenings neer om (met die getalle) te verduidelik hoe jy die oplossing gevind het. Skryf dan die stappe neer wat jy gebruik het om die redelikheid van jou antwoord te kontroleer.

3.1 Nadat dit vol gelaai is, is die massa van 'n vervoerwa 2 500 kg. Wat is die massa van die vervoerwa wanneer dit leeg is, as die massa van die vrag 500 kg is?

3.2 Die massa van een sak sement is 25 kg. Hoeveel sakke sement sal daar wees as die massa van die hele vrag 500 kg is?

3.3 Wanneer dit vol is, hou die brandstoftenk van die vervoerwa 55 liters brandstof. Die vervoerwa kan 13 km op een liter brandstof aflê. Die bestuurder maak die tenk vol brandstof. Hoe ver kan hy reis voordat hy die tenk weer moet volmaak?

3.4 Wanneer die vervoerwa vir kort ritte in die dorp gebruik word, ry dit 11 km ver op een liter brandstof. Die bestuurder maak die tenk, wat 55 liter brandstof kan neem, vol brandstof. Hoeveel kilometers kan hy in die dorp aflê?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask