<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Jy kan dit maklik sommer direk neerskryf. Skryf neer presies wat die metode is.

2. 3 + 2  3 – 1 + 1  3 = 2,333 . . . = 2, 3 ˙ size 12{ { dot {3}}} {} Dis ook ’n rasionale getal:

Stel x = 2,333 . . .

 10 x = 23,333 . . .

Trek af: 9 x = 21

x = 21 9 size 12{ size 11{x}= { {"21"} over {9} } } {}

3. 6 + 9  22 – 2 + 3  11 = 4,1363636 . . . = 4,1 3 ˙ 6 ˙ size 12{4,1 { dot {3}} { dot {6}}} {}

Is 4,1 3 ˙ 6 ˙ size 12{4,1 { dot {3}} { dot {6}}} {} ’n rasionale getal? Ja, maak so:

Stel x = 4,1363636 . . . 10 x = 41,3636 . . . en 1000 x = 4136,3636 . . .

Trek nou die laaste twee af: 1000 x – 10 x = 4136,3636 . . . – 41,3636 . . .

 990 x = 4095 Los op: x = 4095 990 = 91 22 size 12{ size 11{x}= { {"4095"} over {"990"} } = { {"91"} over {"22"} } } {}

Maklik, nè?

4. Maar ons kan slegs eindige desimale breuke en repeterende desimale breuke in die vorm a b size 12{ { {a} over { size 11{b}} } } {} skryf.

4.1 Hier volg ’n paar irrasionale getalle (wat sê jou sakrekenaar?):

π 2 size 12{ sqrt {2} } {} 11 3 size 12{ nroot { size 8{3} } {"11"} } {} 3,030030003000030…

4.2 Hierdie drie is egter NIE irrasionaal nie.

Verduidelik waarom nie: 22 7 size 12{ { {"22"} over {7} } } {} 25 size 12{ sqrt {"25"} } {} 27 3 size 12{ nroot { size 8{3} } {"27"} } {}

4.3 Skryf die volgende getalle in die vorm a b size 12{ { {a} over {b} } } {} :

4.3.1 1,553

4.3.2 0,5 6 ˙ size 12{0,5 { dot {6}}} {}

4.3.3 30 , 341 { 3 ˙ 4 ˙ 1 ˙ size 12{"30","341 {" dot {3}} { dot {4}} { dot {1}}} {}

4.3.4 2, 427 { 2 ˙ 7 ˙ size 12{2,"427 {" dot {2}} { dot {7}}} {}

einde van VERRYKINGSOPDRAG

Hoe werk ’n mens akkuraat?

KLASOPDRAG

  1. Vereenvoudig die getalle by elke vraag,indien nodig, en vul die gegewe getalle in op die beste plekke op die gegewe getallelyn.

einde van KLASOPDRAG

VERRYKINGSOPDRAG

Ongelykhede – woorde vertaal in wiskunde

1. Die getallelyn sê iets baie belangriks vir ons: enige getal wat links van ’n ander getal op die getallelyn lê, is kleiner as die ander een. As ’n getal regs van ’n ander getal lê, is hy groter as die ander getal.

Byvoorbeeld op die getallelyn is 4,5 links van 10, dus is 4,5 kleiner as 10. So word dit wiskundig geskryf: 4,5<10.

  • –3 is links van 5, dus is –3 kleiner as 5. In wiskundige taal: –3<5
  • 6 is regs van 0, dus is 6 groter as 0 en ons skryf: 6>0 of 0<6, want 0 is kleiner as 6.

Watter getalle is dan gelyk aan mekaar? Sekerlik 6  3 en 4 size 12{ sqrt {4} } {} ! Dus: 6  3 = 4 size 12{ sqrt {4} } {} .

1.1 Gebruik<of>of = tussen die volgende pare getalle, sonder om die twee getalle om te ruil:

5,6 en 5,7

3+ 9 en 4 × 3

–1 en –2

3 en –3

27 3 size 12{ nroot { size 8{3} } {"27"} } {} en 15 size 12{ sqrt {"15"} } {}

2. Ons gebruik dieselfde tekens as ons met veranderlikes (soos x of y , ens.) werk in plaas van met konstantes.

As ons byvoorbeeld van al die getalle groter as 3 wil praat, dan kan ons x gebruik vir al daardie getalle (daar is natuurlik ontelbaar baie van hulle: 3,1 en 3,2 en 3,34 en 6 en 8 en 808 en 1 000 000 ens). Dan is dit: x >3.

  • Al die getalle kleiner as 0: x <0. Soos: –1 en –1,5 en –3,004 en –10 ens.
  • Getalle groter of gelyk aan 6: x ≥ 6. Skryf vyf van hulle neer.
  • Al die getalle kleiner of gelyk aan –2: x ≤ –2. Gee drie voorbeelde.

2.1 Gebruik die veranderlike y en skryf ongelykhede vir die volgende beskrywings:

Al die getalle groter as –13,4

Al die getalle kleiner of gelyk aan π

3. Ons brei die gedagte verder uit:

  • Al die getalle tussen 4 en 8: 4< x <8. Ons kan ook sê: x lê tussen 4 en 8.
  • Getalle groter as –3 en kleiner of gelyk aan –0,5: –3< x ≤ –0,5.
  • A is groter of geluk aan 16 en kleiner of gelyk aan 30: 16 ≤ A ≤ 30.

Dit die beste om die getalle in die volgorde te skryf soos hulle op die getallelyn voorkom, naamlik die klein getal links en die grote regs. Dan kies jy net óf<óf ≤.

3.1 Skryf drie beskrywings in woorde, en dan skryf jy en ’n maat mekaar se sinne as ongelykhede.

Ongelykhede – grafiese voorstellings

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask