<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Regte en verantwoordelikhede

Module 5

fundamentele waardes en menseregte

Tien fundamentele waardes en menseregte soos in die suid-afrikaanse grondwet uiteengesit

As inwoners van hierdie land en as leerders met ‘n senior posisie in julle skool, is dit noodsaaklik om die basiese waardes en regte van ons land se konstitusie (grondwet) te ken, verstaan, deurdink en navolg. Aangesien hierdie regering en grondwet eers in 1995 ingestel is, is baie mense nog onbewus van hulle regte en verantwoordelikhede as inwoners van hierdie land.

Aktiwiteit 1:

Om menseregte en die omskrywing daarvan te bespreek [LU 2.1]

Lees die onderstaande tabel met aandag deur en bespreek dit met julle opvoeder en klasmaats:

Menseregte Omskrywing
1. Demokrasie Ons streef na ‘n soewereine demokratiese Suid-Afrika:
  • stemreg aan alle landsburgers bo 18;
  • ‘n nasionale kieserslys;
  • gereelde verkiesings;
  • ‘n veelparty regering.
2. Sosiale regte en regverdigheid Ons streef na ‘n vrye en veilige land:
  • vryheid van uitdrukking;
  • genoegsame behuising;
  • gesondheidsdienste;
  • basiese skoolopvoeding;
  • persoonlike veiligheid.
3. Gelykheid Ons streef na ‘n land waar almal gelyk is voor die reg:
  • almal moet gelyke kanse op alle gebiede gegun word;
  • ons moet almal as gelykes kan saamlewe en kommunikeer.
4. Nie-rassisme en nie- geslagsdiskriminasie Ons streef na ‘n land waarin vorige rassisme en geslagsdiskriminasie sistematies uitgeskakel word:
  • elke inwoner moet die kans gegun word om sy volle potensiaal te ontwikkel, ongeag ras of geslag.
5. Ubuntu (menslike waardigheid) Ons erken die behoefte aan:
  • begrip, in teenstelling met vergelding;
  • herstel, nie weerwraak nie;
  • ubuntu, nie veronregting nie.
6. ‘n Oop gemeenskap Ons streef na ‘n land met ‘n deursigtige grondwet en regstelsel:
  • ‘n regeringstelsel wat die inwoners van die land se wense weerspieël;
  • vryheid van mening, die pers en geloofsoortuigings.
7. Aanspreeklikheid en verant- woordelikheid Ons streef na ‘n land waarin elkeen verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie dade:
  • organisasies en rade aanspreeklikheid aanvaar vir die groepe wat hulle bestuur;
  • basiese verantwoordelikhede en sosiale gedrag gehandhaaf word.
8. Bestuur deur die reg Suid-Afrika as staat het as grondslag die grondwet as hoogste gesag en word bestuur deur die reg:
  • navolging van gedragskodes en dissipline;
  • gehoorsaamheid aan wette, reëls en regulasies op alle gebiede.
9. Respek
  • Ons strewe na ‘n gemeenskap waar elke inwoner homself en sy medemens respekteer en in ag neem.
10. Versoening Ons reik uit na ‘n toekoms waar ons land en sy mense gekenmerk word deur ‘n gevoel van eenheid en vreedsame samehorigheid:
  • eenheid in verskeidenheid (diversiteit);
  • herstel van die onenigheid en onregverdigheid van die verlede en samewerking deur verskillende groepe.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 die toepassing van menseregte soos beskryf in die Suid-Afrikaanse grondwet bespreek;
2.2 verduidelik hoe om geslagstereotipering en seksisme teen te werk;
2.3 die belangrikheid van vrywilliger-organisasies bespreek;
2.4 verduidelik hoe die erkenning van diverse kulture die Suid-Afrikaanse samelewing kan verryk;
2.5 die rol van die mondelinge tradisie en van geskrifte in ’n verskeidenheid wêreldgelowe verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask