<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Inleiding

In Graad 10 was die konsepte van enkelvoudige en saamgestelde rente bekendgestel. In hierdie hoofstuk gaan ons hierdie konsepte verder uitbrei, en dus is dit 'n goeie idee om weer terug te gaan na die Finasiële hoofstuk en die inhoud wat jy in Graad 10 geleer het, te hersien. As jy die tegnieke in hierdie hoofstuk bemeester, dan sal jy waardevermindering verstaan en in staat wees om te kan bepaal watter bank die beste rentekoers bied.

Waardevermindering

Daar word gesê dat wanneer jy met 'n nuwe motor vanaf die motorhandelaar wegry, die motor 20% van sy waarde verloor, want dit is nou "tweedehands". En met verloop van tyd daal die waarde, of verminder die waarde. Tweedehandse motors is goedkoper as nuwe motors, en gewoontlik hoe ouer die motor is, hoe goedkoper is dit. As jy 'n tweedehandse motor vanaf 'n handelaar koop, dan sal hulle die prys op iets baseer wat ons die boekwaarde van die motor, noem.

Die boekwaarde van 'n motor is die waarde van die motor na verlies aan waarde as gevolg van slytasie, veroudering en gebruik daarvan, in ag geneem is. Ons noem hierdie verlies aan waarde waardevermindering , en in hierdie afdeling gaan ons twee metodes om waardevermindering te bepaal, bestudeer. Net soos met rentekoers, is die twee metodes om waardevermindering te bepaal, enkelvoudige en saamgestelde metodes.

Die terminologie verbonde aan enkelvoudige waardevermindering is reglynige waardevermindering en vir saamgestelde waardevermindering is dit verminderende balans/saldo waardevermindering . Met die reglynige metode word die waarde van die bate elke jaar met dieselfde vaste bedrag verminder. Met die saamgestelde metode word die waarde elke jaar met dieselfde persentasie verminder. Dit beteken dat die waarde van die bate nie elke jaar met 'n vaste bedrag verminder nie, maar die verlies is die grootste in die eerste jaar, dan met 'n kleiner bedrag in die tweede jaar en met nog 'n kleiner bedrag in die derde jaar, en so voorts.

Waardevermindering

Jy mag dalk wonder hoekom ons waardevermindering moet kan bereken. Een rede is om die waarde van 'n bate (soos in die voorbeeld met die tweedehandse motor) te bepaal, maar daar is 'n meer finansiële rede vir die berekening van waardevermindering - belasting! Maatskappye mag waardevermindering in ag neem as 'n uitgawe, en sodoende hulle belasbare inkomste verminder. 'n Laer belasbare inkomste beteken dat die maatskappy sal minder inkomstebelasting aan die Inkomstediens betaal.

Enkelvoudige waardevermindering

Kom ons keer terug na tweedehandse motors. Een manier om waardevermindering te bepaal is om te veronderstel dat die motor 'n beperkte bruikbare leeftyd het. Enkelvoudige waardevermindering neem aan dat die waarde van die motor met 'n vaste bedrag elke jaar verminder. Byvoorbeeld, veronderstel die beperkte bruikbare leeftyd van 'n motor is 5 jaar, en die motor kos R60 000 vandag. Dit beteken dat na 5 jaar sal jy 'n nuwe motor moet koop, wat beteken die oue sal geen waarde op daardie tydstip meer hê nie. Daarom bereken ons die waardevermindering soos volg:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11). OpenStax CNX. Sep 20, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11339/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11)' conversation and receive update notifications?

Ask