<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Energie, kragte en masjiene

Module 18

Energie

Aktiwiteit:

Om energiebronne en verskillende vorms van energie te kan opnoem, bespreek en identifiseer

[lu 2.2; lu 2.3; lu 2.4]

Wat is energie?

  • Energie is die vermoë om werk te verrig: om dinge te laat gebeur en om verandering te maak.

Vorms van energie:

  • Energie kom in verskeie vorme voor, soos klank, warmte, lig, chemiese verbindings en elektrisiteit.
  • Sommige voorwerpe beskik oor energie omdat hulle beweeg, of bloot as gevolg van hulle posisie. So het voorwerpe kinetiese energie (beweging) of potensiële energie (posisie).
  • Energie kan nie gesien of aangeraak word nie, maar dit is oral teenwoordig: in die lug om ons, in elke stuk materie en in elkeen van ons liggaamselle. Voor die groot knal wat tot die ontstaan van die heelal gelei het, was daar slegs energie!

Bronne van energie

  • Energie in ELEKTROMAGNETIESE vorm speel ’n groot rol in tegnologiese uitvindsels soos radio’s, uitsaaitorings, mikrogolfoonde en X-straalmasjiene.
  • Skandeerders (“scanners”) is masjiene wat beelde toon van iets wat andersins onsigbaar is, toon, byvoorbeeld inwendige dele van die liggaam. Dit stuur klankgolwe in die liggaam in en wanneer hierdie golwe ’n bepaalde verandering ondergaan, toon dit ’n beeld. Hierdie beelde stel medici in staat om diagnoses te maak. Die MRI, ook bekend as die “Magnetic Resonance Image”, is van onskatbare waarde op hierdie gebied.
  • Ons kan tussen drie belangrike bronne van energie onderskei, naamlik:
  • die son
  • atoomkerne
  • die aarde se beweging en sy swaartekrag, asook die invloed van ander planete op die aarde
  • Sonligenergie onstaan deurdat atome bots en saamsmelt (kernfusie). Die energie bereik ons in die vorm van lig en warmte. Die warmte-energie laat byvoorbeeld lugstrome ontstaan wat wind meebring wat ’n belangrike bron van energie kan wees. Die warmte-energie laat ook water verdamp, wat wolkvorming en reën meebring. Reën val in hoërliggende dele en riviere ontstaan: nog ‘n belangrike bron van energie.Sonligenergie word ook in voedsel vasgelê deurdat plante fotosintetiseer. Ons kos en brandstowwe (bv. petrol) kom hiervandaan.
  • Atoomkernenergie word deur die mens ontsluit met behulp van gevorderde tegnologie deurdat atome gesplit word. Groot aanlegte, genaamd kernkragsentrales, word vir dié doel opgerig.
  • Die aarde se beweging, sy swaartekrag en die invloed van ander planete bring byvoorbeeld mee dat seestrome ontstaan en dat riviere na laerliggende dele vloei. Hierdie energie kan op verskeie maniere benut word, byvoorbeeld vir vervoer en die aandryf van masjiene soos turbines.

Probeer om die vorm van energie in elk van die volgende voorbeelde te identifiseer en verklaar telkens waar dit vandaan kom.

Voorbeeld van energie Vorm van energie Bron
  • ’n Boek lê op die punt van die tafel
  • ’n Selfoonnetwerk stuur golwe uit na jou selfoon
  • ’n Ski-springer spring van ’n sneeuhang af
  • ’n Sneltrein spoed oor die vlaktes
  • Jy verhit jou middagete in die mikrogolfoond
  • Die dokter neem x-straalplate van jou gebreekte hand
  • ’n Robot funksioneer in ’n motorvervaardigingsfabriek
  • ’n Weerligstraal en donder­slag
  • Die energie in jou middagete
  • Klank wat jou oortrom laat vibreer
  • Elektriese energie by Koe­berg
  • Lig van ‘n flitslig

[LU 2.2; LU 2.3; LU 2.4]

Aktiwiteit 2:

Om die wet van die behoud van energie aan die hand van voorbeelde van energie-omskakelings te kan toelig

[lu 2.4]

Behoud van energie

  • Die wet oor die BEHOUD VAN ENERGIE is deur Herman Helmholtz (1821 – 1894) ontwikkel.
  • Volgens hierdie wet kan ENERGIE NIE GESKEP OF VERNIETIG WORD NIE . Dit kan slegs van een vorm na ’n ander oorgeskakel word.

Sê in elk van die volgende gevalle watter energie-omskakeling ter sprake is:

  • ’n Bal rol van die bopunt van ’n heuwel af
  • ’n Stuk hout brand
  • ESKOM se steenkoolkragsentrales
  • Jy pomp jou fietswiel op
  • ’n Satelliet se sonpanele
  • ’n Seuntjie eet ’n roomys
  • ’n Flitslig wat brand
  • ’n Moderne duikboot vaar langs ons kuslyn
  • Iemand wat op ys skaats
  • ’n Waterwiel
  • ’n Pistoolskoot
  • ’n Elektriese gloeilampie wat brand

Bespreek die volgende stelling krities: ’n Stoomtrein werk met sonkrag .

Assessering van insig in energiebehoud. Kon jy

die wet van energiebehoud toelig? [LU 2.4]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit:

Voorbeeld Vorm Bron
Boek op tafel
  • Potensieel
Kos het chemiese energie verskaf wat in kinetiese vorm (spieraksie) die boek na die tafel gelig het
Selfoonring
  • Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
Ski-springer
  • Potensieel en kineties
Chemies (kos of elektrisiteit) het persoon na hoë punt geneem
Sneltrein
  • Kineties/meganies
Chemies of kern: elektrisiteit
Mikrogolf
  • Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
x-straalplate
  • Straling
Chemies of kern: elektrisiteit
Fabriekrobot
  • Kineties/meganies
Chemies of kern: elektrisiteit
Weerligslag
  • Straling (warmte, lig, klank)
Chemies: elektrisiteit
Middagete
  • Potensieel, chemies
Chemies: sonlig wat vasgelê is
Klank
  • Straling
Chemies: elektrisiteit
Elektries by Koeberg
  • Chemies/elektries
Atome
Lig van flitslig
  • Straling (warmte, lig)
Chemies

Aktiwiteit

  • Bal: potensieel na kineties en klank
  • Hout: chemies/potensieel na klank, lig, hitte
  • Eskom: chemies/potensieel na elektries
  • Fietswiel: chemies/potensieel na kineties/meganies
  • Satelliet: straling na elektries
  • Roomys: chemies/potensieel na chemies/potensieel (in liggaam gestoor) na kineties
  • Flitslig: chemies/potensieel na lig en hitte
  • Duikboot: atoom/kern/chemies na elektries na kineties
  • Skaats: chemies/potensieel na kineties
  • Waterwiel: kineties na elektries
  • Pistool: chemies/potensieel na kineties, hitte en klank
  • Gloeilamp: elektries na lig en hitte
  • Ja: stoom kom vanaf steenkool, wat dooie plantmateriaal is wat deur fotosintese met behulp van sonlig (stralingsenergie) gevorm is

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask