<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Regte en verantwoordelikhede

Module 5

Die regte en pligte van suid-afrikaanse kinders

Die regte en pligte van suid-afrikaanse kinders

Dit is belangrik om te weet dat elke Suid-Afrikaner - dit maak nie saak hoe oud of jonk hy of sy is nie - ‘n spesiale persoon is wat die reg het om in vrede en veiligheid te lewe. Kinders het die reg tot ‘n goeie opvoeding en ruimte om hulle eie besondere persoonlikheid en talente te ontwikkel. Maar regte en voorregte kan net "opgeëis" word as jy bereid is om die  verantwoordelikheid wat  daarmee saamgaan ook te aanvaar. Slegs deur jou pligte na te kom, mag jy aanspraak maak op jou regte.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n speletjie oor regte en verantwoordelikhede te speel

[lu 2.1]

Hierdie werkopdrag is eerder ‘n speletjie, maar tog sal dit maak dat jy in ‘n japtrap al jou regte en voorregte  op die punte van jou vingers ken!

Elke groep moet ‘n stel van 24 speelkaarte maak met die regte en pligte daarop. Elke kaart het dus een reg of plig netjies en leesbaar daarop uitgeskryf. Die agterkante van al die kaarte  van die stel moet dieselfde lyk.

n Paar wenke:

  • Gebruik manilla-karton om die kaarte te maak.
  • Bring ‘n stel speelkaarte van die huis om as template te dien.
  • Wees oorspronklik.
  • Maak ‘n rekenaaruitdruk van die regte en pligte in ‘n groot lettertipe om leesbaarheid te verseker.
  • Vir ‘n superpak wat lank sal netjies bly, kan die kaarte aan beide kante met kleefplastiek oorgetrek word.

Verskillende moontlikhede vir speletjies:

  1. Speel "Snap”: die ooreenstemmende reg- en pligkaart vorm ‘n paar. Die speler met meeste pare wen.
  2. Elke speler moet ‘n kaart uit die pak trek en dan vir 30 sekondes daaroor praat. Aan die einde van ‘n rondte stem almal wie sy of haar 30 sekondes die beste benut het.
  3. Speel "Pictionary" : Verdeel die groep in twee spanne: Een speler trek ‘n kaart  en moet dan ‘n prentjie teken wat die inhoud van sy kaart weergee. Die ander spelers moet probeer raai na watter reg of plig dit verwys. Elke span trek aan die begin 12 kaarte. Die eerste span wat korrek deur sy 12 kaarte gewerk het, is die wenner.
  4. “Charades” Hierdie spel werk amper net soos ‘Pictionary’. Hier trek ‘n speler ook ‘n kaart, maar moet deur mimiek die kaart verduidelik. Die res van sy spanmaats moet dan die raaiwerk doen. Elke span werk ook deur 12 kaarte en die eerste span wat al die kaarte reg geïdentifiseer het, is die wenners. ‘n Goeie wenk is om voor die tyd op ‘n gebaar te besluit vir ‘n reg (bv. ‘n viva-vuis) en ‘n gebaar vir ‘n plig (bv. ‘n vingerwysing),Hier volg die regte en pligte wat op die kaarte moet verskyn. (Onthou: julle moet dit nie op julle speelkaarte nommer nie).

Regte van leerders:

  1. Om opgevoed te word en om geestelik en fisiek te ontwikkel.
  2. Om deur volwassenes versorg en gelei te word.
  3. Om regverdig en met respek behandel te word.
  4. Om toegang te hê tot inligting.
  5. Om die kans te hê om ‘n bydrae te lewer in die gemeenskap.
  6. Om binne ‘n veilige omgewing te wees wat leer verseker.
  7. Om teen jou eie pas te ontwikkel.
  8. Om na die hoogste standaarde te mik.
  9. Om soos ‘n individu behandel te word.
  10. Om deur opgeleide opvoeders onderrig te word.
  11. Om onderrig te kry en te mag praat in die taal van jou keuse.
  12. Om toegelaat te word om jou kultuur en geloofsoortuigings uit te leef.

Pligte van leerders:

  1. Om te luister, te leer en bereid te wees om opgevoed te word.
  2. Om volwassenes te respekteer en te ondersteun.
  3. Om ander  met waardigheid en respek te behandel en ingestel te wees om hulle regte te beskerm.
  4. Om ander toe te laat en te help om te kommunikeer.
  5. Om saam met ander onderrig te word en hulle ook te help leer.
  6. Om met ander saam te werk en ‘n veilige omgewing te verseker.
  7. Om verskille in ander mense waar te neem, toe te laat en te respekteer.
  8. Om toegang tot inligting te soek en fluks te werk.
  9. Om ander as individue te respekteer.
  10. Om bereid te wees om opgevoed te word, saam te werk en met konsentrasie te luister.
  11. Om te leer om ander se taalverskille te aanvaar.
  12. Om bereid te wees om ander se kultuur en geloofsoortuigings te aanvaar, te respekteer en te help beskerm.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 nadink oor eie toepassing van kinderregte soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet;
2.2 die belangrikheid van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag gepaardgaan, bespreek en evalueer;
2.3 die uitwerking van geslagstereotipering, seksisme en mishandeling op persoonlike en sosiale verhoudings bespreek;
2.4 die betekenis en persoonlike en sosiale belangrikheid van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid kulture vertolk;
2.5 menswaardigheid in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask