<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Grond en mag

Module 1

Die historikus en begrippe

Die historikus en begrippe

Die begrippe grond en mag het ‘n noue verband met mekaar. ‘n Persoon word in die regerende klas of die werkersklas ingedeel op grond van sy of haar produksievermoë. Die produk sluit dan kapitaal (geld), grond, geboue, myne, masjinerie ens. in.

Die konflik tussen die twee klasse berus dus op die kontrasterende verbande wat hulle ten opsigte van die produk ervaar. Die regerende klas, wat ook die kapitalistiese klas of die middelklas of die bourgeoisie (Franse Revolusie) genoem kan word, besit die produksievermoë terwyl die werkersklas of proletariaat of Bolsjewiste (Russiese Revolusie) hul arbeid verkoop deur op die landerye, in die fabrieke en myne wat aan die regerende klas behoort, te werk.

  • Om hierdie konflik te begryp moet die geskiedkundige of historikus, dus al die leerders in die Geskiedenisklas, ingewikkelde vrae vra oor alle konfliksituasies, soos:
  • 1. Aan wie behoort wat?
  • 2. Wie doen watter werk?
  • 3. Wie werk vir wie?

Aktiwiteit 1 : groepwerk (ken-mekaar-geleentheid)

  • Verdeel in besprekingsgroepe.

Opdrag 1 :

  • Bespreek werksverdeling in ‘n gewone familie soos wat julle groep dit ken. Sorg dat elke groeplid ‘n kans kry om sy/haar sê te sê.

Opdrag 2 :

  • Bespreek die graad van samewerking tussen die regerende klas (ouers/voogde) en die werkersklas (kinders) om die huishouding glad te laat verloop.

Opdrag 3 :

  • Voltooi nou die volgende:

(a) My eie plekkie in ons woning is my

Ek is trots daarop omdat

(b) My ouers/voogde is werknemers/werkgewers van :

(c) Ek is nie ‘n las vir my familie nie, want ek aanvaar verantwoordelikheid vir

Aktiwiteit 2 : groepassesseringsoefening

Opdrag 4 :

  • Elke leerder kry nou ‘n beurt om sy/haar antwoorde by Opdrag 3 voor te lees en elke groeplid dui aan watter punt hy/sy wil toeken. Indien nodig, kan ‘n groeplid motiveer waarom ‘n swakker of ‘n beter punt nodig is.
  • Die groep moet saamstem oor die punt. Die volgende eenvoudige skaal word gebruik om te bepaal of die leerder vir sy familie ‘n VOORDEEL is.

1 = Die leerder bly darem by sy familie.

2 = Die leerder is soms, of was al van nut vir die familie.

3 = Die leerder is van werklike nut vir sy/haar familie.

4 = Die leerder se bydrae tot sy/haar familie is ‘n uitstaande prestasie.

PUNTE TOEGEKEN DEUR GROEPLEDE

Kennisgewing 1 :

Aan die einde van hierdie module moet jy ‘n projek oor Die Franse Revolusie inlewer. Jy sal stap-vir-stap die nodige inligting ontvang. Vir vandag hoef jy slegs:

( a ) by die huis te sê dat jy soek na inligting omtrent die tema en

( b ) die woordverklaring vir revolusie na te slaan/uit te vind. Voltooi:

Revolusie:

Bron:

VOORBEELD van die optekening van inligting wat uit ‘n spesifieke bron verkry is.

revolusie, opstand, omwenteling.

Bron:

a) inligting oor die skrywer(s) , (eers die van, dan name/voorletters)

b) die boek se titel in aanhalingstekens

c) die uitgewer en datum van uitgawe

d) die bladsynommer(s) sodat jy dit maklik weer kan kry.

Bostaande is die inligting wat die historikus nodig het, en dit is daarom verpligtend. Verskillende universiteite verskil selfs in hul eie onderskeie departemente oor die korrekte manier vir die optekening van broninligting, bv. die punte om a, b,c en d af te sluit, is verpligtend vir ‘n skripsie by die Departement Engels, US. Sorg dat jou projek so korrek as moontlik is want gesaghebbende bronne bewys die geldigheid van jou opinie.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask