<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Die aarde, sterrestelsels en ruimteprogramme

Module 12

Die heelal se ontstaan

Aan die begin van die heelal se bestaan was daar geen materie nie.

Volgens wetenskaplikes was daar oorspronklik slegs ’n balletjie kleiner as ’n atoom en het dit so groot soos ’n rugbybal geword toe dit begin afkoel vanaf oneindig warm tot tien biljoen °C. Ons weet nie wat voor dié gebeure in die heelal was nie.

Die verklaring lui verder dat die ontsettende warm spasies en ’n sop van deeltjies en kragte skielik met ’n groot knal ontplof en begin uitswel het en steeds aan die uitswel is! Die teorie is daarop gegrond dat die sterrestelsels steeds van mekaar af weg beweeg. Wetenskaplikes kan ook nog die mikrogolwe van die nagloed bespeur.

Dit is bekend as die OERKNAL (BIG BANG) -teorie. Slegs een van die bekende vier kragte in die heelal het gegeld, nl. die superkrag – dit het net vir ’n triljoenste van ’n triljoenste van ’n sekonde geduur!

Kosmoloë (wetenskaplikes wat die heelal bestudeer) het ’n moeilike taak, aangesien hulle niks het om hulle idees teen te toets of mee te vergelyk nie. Daarom het ’n teorie soos die “Oerknal” ontstaan. Dit is ’n model wat hulle geskep het om alle ander verskynsels en aspekte mee te verklaar. Wetenskaplikes reken die heelal is besig om groter en groter te word.

’n Wetenskaplike met die naam Edward Hubble het hierdie beweging van sterrestelsels vir die eerste keer in die 1920’s aangeteken. Hy het bepaal dat die snelheid van ’n sterrestelsel direk eweredig is aan sy afstand van ons af. Hierdie vergelyking staan as Hubble se Wet bekend.

Aktiwiteit 1:

Om ’n model te bou

Neem ’n onopgeblaasde ballon en plak sterretjies oral op die oppervlak. Elke ster verteenwoordig ’n sterrestelsel. Plak ’n ronde plakkertjie tussenin om die Melkweg voor te stel.

Blaas nou die ballon op – let op dat die sterrestelsel en die Melkweg al hoe verder van mekaar af weg beweeg.

’n Reeks prosesse waarin geweldige hitte en druk ’n rol gespeel het, het tot die ontstaan van materie en elemente gelei.

  • Waterstof is in die eerste momente van die ontstaan van die heelal gevorm nadat ’n klomp kwarks (Materie: Graad 8) saamgepers was.
  • Die heelal met al sy sterre en materiewolke bestaan feitlik heeltemal uit helium en waterstof, die kleinste en ligste van alle elemente (soos jy in Graad 8 geleer het).
  • Hierdie elemente het ontstaan toe die kwarks en die “materiesop” gemeng en geweldige druk en hoë temperature ontstaan het.
  • Kwarks is so klein dat 10 biljoen biljoen van hulle langs mekaar slegs 1m lank sou wees.
  • Groter atome soos Berillium het gevorm toe daar in kernreaksies binne-in sterre groot getalle heliumatome saamgevoeg is.
  • Yster – ’n belangrike element in die aardkors – het diep binne sterre gevorm toe geweldige temperature en druk koolstofatome saamgepers het.
  • Alle materie in die heelal word bymekaar gehou deur VIER KRAGTE:
  • swaartekrag
  • elektromagnetiese kragte
  • sterk kernkragte
  • swak kernkragte

Antimaterie bestaan ook – dit is soos ’n spieëlbeeld van materie en wanneer die twee groepe bymekaar sou uitkom, sou hulle mekaar uitkanselleer! Gelukkig is daar baie min antimaterie in die ruimte.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask