<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 1.1

Aktiwiteit 5

Om sommige elemente van die poësie te verstaan

  • Lees die volgende twee gedigte aandagtig en voer die opdragte uit wat volg:

Gedig A

Jan Dolos van Dwarskersbos

vang visse in ’n tros;

as ’n vis eers pik

aan Jan se hoek

dan kom hy nooit weer los.

Die vetste snoek aan Jan se hoek

dié bak hy op ’n plaat;

hy eet sy kop

en alles op

en die kat kry net die graat.

Uit: R.K. Belcher: Sit om jou dassie. Kaapstad: Die Kinderpers van SA. Met vriendelike vergunning van die digter

Gedig B

Vissersboot

Die rye vissersbote van Houtbaai

lê lange nagte rusteloos en dobber

teen gladgespoelde houte van die kaai

tot eindelik met die rooi koms van die more

hul weer die ver, blink velde sal verken

en weer teen skemer terugkeer soos tevore.

Wintermaande word met die gewaai

van reën en wind die bote skoongemaak

en warm vasgeanker teen die kaai,

maar soms gebeur dit dat met hooggety

een skielik op ’n nag sy toue breek,

die oop see invaar en vir goed wegbly.

Uit: R.K. Belcher: Ver L a nd. Kaapstad/Pretoria: HAUM. Met vriendelike vergunning van die digter

Woordverklarings:

tros : bondel vrugte (bv ’n tros druiwe)

graat : die beentjies van ’n vis se liggaam

dobber : op en af beweeg op die water

skemer : halfdonker

verken : ’n terrein bespied of ondersoek

kaai : sterk muur waarlangs skepe vasgemeer kan word

hooggety : hoogwater

invaar : ingaan / inbeweeg per boot of skip

  • Lees albei gedigte hardop. Watter een is die mees ritmiese , A of B?

Gedig A:

a) Vervang die woord “pik” deur ’n ander woord met dieselfde betekenis.

b) Waarom dink jy het die digter besluit om “pik” in die gedig te gebruik? Wat sê “pik” alles vir jou?

c) Wat beteken dit as daar gesê word dat Jan Dolos “visse in ’n tros” vang? Verduidelik in jou eie woorde.

d) Is Jan Dolos ’n goeie visserman?

e) Gee twee redes (uit die gedig) vir jou antwoord.

f) Is Jan lief vir snoek? Haal aan uit die gedig om jou antwoord te staaf.

g) Skryf die woorde neer wat met mekaar rym in die gedig. Hulle hoef nie almal aan die einde van ’n versreël te staan nie. Skryf dit so:

_________rym met __________

__________ rym met _____________

______________ rym met_____________

______________rym met ______________

______________rym met ____________

_______________rym met ____________

(Doen net soveel as jy kan.)

h) Een van die tegnieke wat in poësie gebruik word om ’n gedig meer “musikaal” te maak (mooi te laat klink ), is om sekere woorde wat naby mekaar staan, met dieselfde klank te laat begin, bv. “Die w ind w aai w oes”. (Die w-klank word herhaal.) Dit word alliterasie genoem. Skryf een voorbeeld van alliterasie neer uit die gedig.

Gedig B:

a) In reël 2 word daar gesê dat die bote snags “rusteloos” is. Kan ’n boot rusteloos wees?

b) Verduidelik wat bedoel word as daar gesê word dat hulle “rusteloos dobber”.

c) Wat is die “ver, blink velde” wat deur die bote verken word?

d) Kyk na die woorde “warm vasgeanker”. Die bote kan tog nie in die winter warm wees nie, want die see en wind is koud. Wat word met hierdie uitdrukking bedoel?

e) Is daar ’n ander woord wat jy in die plek van “warm” kon gebruik?

f) Wat word bedoel met “die rooi koms van die môre”?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask