<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 15

Advertensies

1. WAT laat ons besluit?

Kyk mooi na hierdie drie advertensies van koue drankies.

Watter een sal jy kies? (A, B of C)

Hoekom kies jy hierdie een?

Dink jy die advertensie help jou om ‘n keuse te maak, en hoekom?

Julle gaan nou ‘n bietjie marknavorsing doen. Gebruik die vraelys en ondervra vyf mense oor hulle gunstelingdrankie.

VRAELYS

Hoe gereeld drink jy die volgende koue drankies.Ken punte toe op ‘n skaal van 0 – 4.

4 - Meesal

3 - Gereeld

2 - Soms

1 - Baie min

0 - Glad nie

Coca-Cola Ander gaskoeldranke Vrugtesap Koeldrank met water verdun (squash) Water
Persoon 1
Persoon 2
Persoon 3
Persoon 4
Persoon 5

Verdeel nou in groepe van vyf. Vergelyk ‘n bietjie julle vraelyste en voltooi die volgende kolomgrafiek.

KOLOMGRAFIEK

Gesels nou in julle groep oor die bevindinge:

  • Watter drankie is die gewildste?
  • Hoekom dink julle is dit so?
  • Watter drankie is die ongewildste?
  • Hoekom dink julle is dit so?
  • Watter rol dink julle speel advertensies in die keuse van die drankies?
  • Watter van hierdie drankies sal meer gewild kan word as dit beter geadverteer word?

Een van die groeplede kan verslag doen aan die res van die klas.

LU 2.2.1

2. SOEKLEES

Tydskrifte adverteer hulleself deur middel van die voorblad. Dit moet die koper se aandag trek! Bestudeer die onderstaande voorblad van ‘n tydskrif en beantwoord dan die vrae.

Skryf slegs die antwoorde:

1. Wat is die naam van die tydskrif?

2. Wie koop hierdie tydskrif?

3. In watter land word hierdie tydskrIf gepubliseer?

4. In watter ander land kan dit gekoop word?

5. Wanneer verskyn hierdie tydskrif?

6. Hoeveel kos dit normaalweg?

7. Is daar ‘n kompetisie in hierdie tydskrif?

8. Kan jy meer lees oor die aarde wanneer jy hierdie tydskrif koop?

9. Wat kry jy verniet saam met hierdie tydskrif?

10. Van watter held kan jy meer te wete kom?

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

Totaal:
10
LU 3.6.1

3. ONTKENNING

As jy iets ontken , sê jy dit is nie so nie of dit het nie gebeur nie. In die laaste paragraaf moes jy mos skryf hoekom dit nie ‘n goeie advertensie is nie.

In kort sinne is daar net ‘n enkele nie.

bv. hy lees nie.

Die meeste sinne kry die dubbele nie in die ontkenning.

bv. Hy lees nie ‘n boek nie.

A. Verander die volgende sinne in die ontkenning.

1. Drink hy graag lemoensap?

Nee, hy ______________

2. Hou sy van gaskoeldrank?

Nee, sy _______________

3. Is water die gewildste drankie?

Nee, water ________________

4. Dink jy dit is ‘n goeie advertensie?

Nee, ek ___________________

Ontkenningswoorde

ONTHOU

nie + iemand word niemand _____ nie

nie + êrens word nêrens_____nie

nie + iets word niks _____nie

nie + ooit word nooit _____ nie

nie + al ooit word nog nooit ____ nie

nie + nog word nie meer _____ nie

nie + al word nog nie _____ nie

Lees die sinne hardop en kyk hoe hulle in die ontkenning verander.

  • Is iemand dors? Nee, niemand is dors nie .
  • Is daar êrens ‘n bottel koeldrank? Nee, daar is nêrens ‘n bottel koeldrank nie.
  • Het hy iets om te drink? Nee, hy het niks om te drink nie.
  • Sal jy ooit water leer drink? Nee, ek sal nooit water leer drink nie.
  • Het sy al ooit vrugtesap gedrink? Nee sy het nog nooit vrugtesap gedrink nie.
  • Wil jy nog koeldrank hê? Nee, ek wil nie meer koeldrank hê nie.
  • Het julle al koeldrank gekoop? Nee, ons het nog nie koeldrank gekoop nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask