<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.

(b)

(c)

(d) vyfhoek; heksagoon

(e)

2. waterpas; skietlood

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: hersiening [lu 3.5, lu 4.4]

1. Kom ons hersien!

a) Verdeel in groepe van drie. Bring soveel moontlik leë 3-dimensionele vorms van die huis af saam. Maak dan ’n Wiskunde- “model” wat julle in die klas kan ophang! (Onthou: dit moet balanseer!)

b) Voltooi die volgende sodat die gesig simmetries sal wees.

c) Behou die patroon en voltooi die volgende tessellasies.

d) Wat noem ons die volgende twee-dimensionele figure?

_____________________________________________

_____________________________________________

e) Teken die vorms hieronder oor. Knip dit uit en bou ’n vierkant daarmee. Plak dit in die blok hieronder.

2. Het jy geweet?

Meer as 2 500 jaar gelede het die Egiptenare van Noord-Afrika alreeds lengtes gemeet. Hulle het besef dat geboue (die piramides) dieselfde vorm, maar verskillende groottes kan hê. Om reguit lyne te verseker, het hulle ’n tou of stuk draad tussen twee penne in die grond gespan. Om die lengte van die piramide se basis te meet, het hulle knope ewe ver uit mekaar in ’n tou gemaak. Die hoofeenheid wat hulle vir lengte gebruik het, was die “ellemaat”. Dit was die lengte van die Farao (Egiptiese koning) se voorarm – van sy elmboog tot die punt van sy middelvinger.

  • Gestel JY is die farao. Meet die breedte van jou klaskamer in “el”.........

Om seker te maak dat die mure regop was, het hulle ’n tou met ’n gewiggie aan gebruik. Dit is van die bopunt van die muur gehang, en die gewiggie kon dan vryelik swaai. Wanneer dit tot stilstand gekom het, kon hulle sien of die muur skeef was of nie.

  • Wat gebruik ons vandag om te verseker dat die mure reguit is?

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder transformasies (rotasies, refleksies en verplasings) en simmetrie gebruik om die eienskappe van meetkundige figure te ondersoek (alleen en/of as ‘n lid van ‘n span of groep);

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder maniere van meting deur die geskiedenis heen in verskillende kulture beskryf en illustreer, insluitend die metrieke en ander formele meetstelsels.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask