<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 23

OPSTEL VAN ‘N PROEFBALANS

Afdeling 3: Proefbalans

AKTIWITEIT1:

Om ’n proefbalans op te stel

[LU 3.3]

Nadat die grootboekrekeninge voltooi is, word die rekeninge afgesluit en oorgedra na ’n Proefbalans.

Rekeninge wat slegs inskrywings aan die debiet- of kredietkant het, word slegs opgetel om ’n totaal te verkry.

Rekeninge met inskrywings aan die debiet- en kredietkant word gesaldeer. Dit beteken ’n saldo wat die verskil is tussen die twee kante, word bereken byvoorbeeld:

Bankrekening
2003 2003
Nov. 30 Totale ontvangste KOJ 20 698 00 Nov. 30 Totale betalings KBJ 15 633 00
30 Saldo o/d 5 065 00
20 698 00 20 698 00
Des. 1 Saldo a/b 5 065 00

Die afgebringde saldo’s en totale word oorgedra na die Proefbalans.

  • ’n Proefbalans is ’n lys van saldo’s en totale wat opgestel word om te bepaal of die debietkant of kredietkant gelyk is aan mekaar en sodoende te kontroleer of die dubbelinskrywingsbeginsel vir elke transaksie toegepas is.

Alhoewel die Proefbalans aandui dat daar vir elke debietinskrywing ’n kredietinskrywing gemaak is, is daar sekere foute wat nie deur die proefbalans aangetoon sal word nie. ’n Proefbalans wat balanseer kan dus nie in alle gevalle as bewys van korrektheid aanvaar word nie.

  • Hier volg ’n voorbeeld van ’n Proefbalans.

PROEFBALANS VAN RANDOM WINKELS OP 30 JUNIE 2003

Dt. Kt.
Balansstaatafdeling
Kapitaal B1 199 322
Onttrekkings B2 15 000
Grond en Geboue B3 105 000
Voertuie B4 28 000
Toerusting B5 32 125
Handelsvoorraad B6 45 310
Debiteurekontrole B7 12 180
Bank B8 11 754
Wisselgeld B9 600
Kleinkas B10 250
Krediteurekontrole B11 15 994
Nominale Rekeninge-afdeling
Verkope N1 350 000
Koste van verkope N2 250 000
Eiendomsbelasting N3 4 210
Versekering N4 3 850
Water en elektrisiteit N5 4 952
Telefoon N6 4 810
Skryfbehoeftes N7 2 750
Herstelwerk N8 5 325
Lone N9 18 000
Salarisse N10 26 000
Huurinkomste N11 4 800
Totale 570 116 570 116

OPDRAG 1 : Proefbalans

  • Gebruik die voltooide grootboekrekeninge van Enslin Handelaars (Aktiwiteit 3.6 Opdrag 9).
  • Saldeer die rekeninge, kry totale en stel ’n Proefbalans op.
LU 3.3

OPDRAG 2 : Hulpjoernale, Grootboek en Proefbalans

  • P. Hatting begin op 1 April 2003 sy onderneming, Hatting Handelaars, met ’n kapitaalbydrae van R105 000.

1. Boekstaaf die transaksies vir April in die volgende hulpjoernale: KOJ 3.7.1, KBJ 3.7.1, DJ 3.7.1 en KJ 3.7.1

2. Sluit die joernale aan die einde van die maand af

3. Boek oor na die grootboekrekeninge en toon folionommers

4. Saldeer die rekeninge of kry totale waar nodig

5. Stel ’n proefbalans op aan die einde van April

  • Transaksies : April 2003
  • Duplikaat van kwitansies uitgereik
DATUM AAN WIE UITGEREIK, REDE BEDRAG
2003
April 1 P. Hatting, vir kapitaalbydrae R105 000
7 V. Jansen, om sy skuld te vereffen R 660
Blommie Bloemiste, vir huurinkomste R 500
14 D. Coetzee, betaling op rekening R 300
21 G. Ferreira, betaling op rekening R 200
28 V. Jansen, om die bedrag van die faktuur op 17 April uitgereik, te betaal R 246
  • Kontantverkope van goedere volgens kasregisterrol
DATUM VERKOPE KOSTE VAN VERKOPE
2003
April 7 R5 800 R4 600
17 R3 820 R2 440
21 R7 620 R5 740
28 R1 944 R1 406

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask