<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

DIE GEDRUKTE WOORD

Module 28

SKRYF JOU EIE BOEK

Aktiwiteit 1

Om die byvoeglike naamwoord korrek te verbuig [LU 6.2.13]

Ek het verlede week 'n boek met sprokies uitgeneem. Daar het ongelukkig 'n fout ingesluip by een van die sprokies. Ek gaan jou net die eerste paragraaf laat lees.

Daar was eendag 'n oud, maar gaaf, vroutjie wat in 'n huisie met 'n skeef dak en stukkend vensters gebly het. Haar huis het in 'n dig woud met hoog bome gestaan. Die vroutjie het 'n vriendelik kat, 'n lelik hond en 'n pratend parkiet gehad. Sy was 'n eensaam mens, want die mense het altyd net wyd draaie om haar huisie geloop en nooit kom kuier nie.

Onthou jy nog die woorde wat ons taal mooier en kleurvoller maak? (Sien Module 3). Hierdie woorde is mos beskrywende woorde , maar die sprokie se beskrywende woorde moet reggemaak word. Skryf nou die regte vorm van die beskrywende woorde neer:

(a) ‘n ....................., maar ...................... vroutjie.

(b) ‘n ......................... dak.

(c) .................................... vensters.

(d) ‘n .......................... woud.

(e) ............................... bome.

(f) ‘n ........................... kat.

(g) ‘n ............................. hond.

(h) ‘n ................................ parkiet.

(i) ‘ ................................. mens; en

(j) ................................... draaie.

‘n Ander naam vir so ‘n beskrywende woord wat jou meer van iets of iemand vertel, is ‘n byvoeglike naamwoord . Jy sal in Graad 5 daarvan leer.

Lees die paragraaf hardop vir jou maat, maar met die regte vorm van die beskrywende woord.

Aktiwiteit 2

Om vir speelse doeleindes te skryf [LU 4.1.1]

Nou gaan jy 'n outeur en kunstenaar wees! Jy gaan 'n kort storietjie skryf en dit self illustreer. Jou boek bestaan slegs uit agt bladsye. Dis 'n baie kort storie.

  1. Stofomslag: hierop verskyn:
  • Titel van die boek;
  • ‘n Tekening; en
  • Jou naam
Byvoorbeeld
  1. 'n illustrasie op die linkerkantste bladsy;
  2. so twee of drie sinne op regterkantste bladsy;
Byvoorbeeld

Die res van die boek lyk soos die voorbeeld hierbo. Op die agterblad kan jy net 'n sketsie maak.

Assessering

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

  • skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos briewe, beskrywende paragrawe, limerieke).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en -gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • met woorde werk:

6.1.4 skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) doeltreffend in alledaagse woorde gebruik;

  • met sinne werk:
  • alledaagse adjektiewe verstaan en gebruik: verbuiging.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) ou, gawe

  1. skewe
  2. stukkende
  3. digte
  4. hoë
  5. vriendelike
  6. lelike
  7. pratende
  8. eensame
  9. wye

Aktiwiteit 2 ‘n Skryfvaardigheid

Aktiwiteit 3 (a) seël
  1. spieël
  2. beëindig
  3. beïnvloed
  4. bêre
  5. blêr
  1. drie-uur
  2. fluit-fluit
  3. Ma-hulle
  4. na-aap

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask