<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3. Uitgawes wat per tjek betaal word – debiteer elke uitgawe afsonderlik met die betrokke bedrag(Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)

Bankrekening – Dubbelinskrywing is totale betalings

Bates – Dubbelinskrywing is bankrekeningUitgawes – Dubbelinskrywing is bankrekening

OPDARG 4 : Oorboeking van KOJ met kosprys van verkope

  • Gebruik die voltooide KOJ van Lubbe Handelaars (Aktiwiteit 3.1 Opdrag 3) en boek oor. (Verskaf self grootboekpapier).

OPDRAG 5 : Oorboeking van die Debiteurejoernaal

  • Gebruik die voltooide DJ van Gesina Handelaar (Aktiwiteit 3.2 Opdrag 1) en boek oor na die grootboek.
  • Die totaal van die verkopekolom, sowel as die totaal van die koste van die verkopekolom, word elkeen na twee rekeninge oorgeboek en wel soos volg:

Verkopekolom

1. Debiteurekontrolerekening – debiteer met die totaal van kredietverkope vir die maand(Bate vermeerder aan die debietkant)

2. Verkoperekening – krediteer met die totaal van die kredietverkope vir die maand(Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant)

Die dubbelinskrywing vir verkope is dus debiteurekontrole en die dubbelinskrywing vir debiteurekontrole is verkope.

Koste van verkopekolom

1. Koste van verkoperekening – debiteer met die totale koste van verkope vir die maand (Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)

2. Handelsvoorraadrekening – krediteer met die bedrag van koste van verkope vir die maand(Bate verminder aan kredietkant)

Dubbelinskrywing vir koste van verkope is handelsvoorraad en dubbelinskrywing vir handelsvoorraad is koste van verkope

OPDRAG 6 : Oorboeking van die krediteurejoernaal

  • Gebruik die voltooide KJ van Toledo Handelaars (Aktiwiteit 3.2 Opdrag 2) en boek oor na die grootboek.
  • Kolomtotale word op die laaste dag van die maand oorgeboek. Inskrywings in die diverse kolom word elkeen op die datum van die inskrywing oorgeboek na die spesifieke rekening.
  • Oorboeking word soos volg gedoen:

1. Krediteurekontrole – krediteer met al die kredietaankope vir die maand (Las vermeerder aan die kredietkant)

2. Alle bates wat aangekoop word, word elkeen afsonderlik gedebiteer met die bedrag van aankope(Bate vermeerder aan debietkant)

3 Alle uitgawes wat op krediet aangegaan is, word gedebiteer met die spesifieke bedrag(Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)

Die dubbelinskrywing vir krediteurekontrole is diverse aankope. Die dubbelinskrywing vir elke bate of uitgawe wat op krediet aangegaan is, is krediteurekontrole.

OPDRAG 7 : Ontvangstes vanaf debiteure: oorboeking van die DJ en KOJ

  • Gebruik die voltooide DJ en KOJ van Highway Handelaars (Aktiwiteit 3.3) en voltooi die oorboeking.
  • Wanneer ’n debiteur sy rekening betaal word dit in die KOJ aangeteken en van daar na die grootboek oorgeboek. Dit word soos volg gedoen:

1. Bank – debiteer met die kontantontvangste(Bate vermeerder aan die debietkant)

2. Debiteurekontrole – krediteer met die bedrag wat deur debiteure betaal is(Bate verminder aan die kredietkant)

Die dubbelinskrywing by bank is debiteurekontrole en by debiteurekontrole is dit bank.

OPDRAG 8 : Betalings aan krediteure: oorboeking van die KJ en KBJ

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask