<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 20

Om betalings aan krediteure te boekstaaf

AKTIWITEIT1:

Om betalings aan krediteure te boekstaaf

[LU 3.3]

Wanneer die verskuldigde bedrae aan krediteure betaal word, word ’n tjek uitgereik wat as brondokument dien. Die inskrywing word in die KBJ opgeteken in ’n ekstra kolom met die opskrif: Krediteurekontrole.

Die transaksie se effek op die rekeningkundige vergelyking is soos volg:

  • Bates – (Bank verminder)
  • Laste – (Krediteure verminder)

OPDRAG 1: Krediteurejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal

  • Teken die volgende inligting van Marais Handelaars aan in KJ 3.4.1 vir Maart en KJ 3.4.2 vir April 2003 en KBJ 3.4.1 vir April 2003. Oorspronklike fakture van leweransiers ontvang, is hernommer:

2003

Maart 3 No. 316 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R1 560

4 No. 317 van Situ en Kie vir verpakkingsmateriaal, R625

5 No. 318 van Banda Bpk. vir herstelwerk aan voertuig, R380

6 No. 319 van Pento en Seun vir skryfbehoeftes, R345

10 No. 320 van Pento en Seun vir advertensieplakkate, R258

20 No. 321 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R780

2003

April 4 No. 322 van Situ en Kie. vir handelsware, R560

8 No. 323 van Bergtuin Motors vir afleweringsvoertuig, R7 500

12 No. 324 van Banda Bpk. vir herstelwerk aan afleweringsvoertuig, R330

16 No. 325 van Pento en Seun vir skryfbehoeftes, R280

20 No. 326 van Bengo Groothandelaars vir handelsware, R757

  • Tjekteenblaaie

2003

April 2 No. 642 aan Bengo Groothandelaars ter vereffening van rekening, R2 340

3 No. 643 aan Pento en Seun ter vereffening van hul rekening, R603

6 No. 644 aan die Munisipaliteit vir water en elektrisiteit, R110

8 No. 645 aan Situ en Kie. ter vereffening van die rekening, R625

10 No. 646 aan Boland Groothandelaars vir handelsware, R950

14 No. 647 kontant vir lone, R210

15 No. 648 kontant vir persoonlike gebruik deur die eienaar, R500

18 No. 649 aan Maxi Voorsieners vir die volgende:

Handelsware, R600

Kasregister, R400

20 No. 650 aan Flink Drukkers vir advertensieplakkate, R235

30 No. 651 aan die bestuurder, M. Meintjies, vir salaris, R1 250

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS - APRIL 2003 KBJ 3.4.1

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Krediteure-kontrole Handels­voorraad Lone
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KREDITEUREJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS – MAART 2003 KJ 3.4.1

Fak-tuur Dag Krediteure Fol. Krediteure-kontrole Handels-voorraad Skryfbe-hoeftes Voertuig-onkoste Verpakkings­materiaal
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

KREDITEUREJOERNAAL VAN MARAIS HANDELAARS – APRIL 2003 KJ 3.4.2

Fak­tuur Dag Krediteure Fol. Krediteure­kontrole Handels­voorraad Skryfbe­hoeftes Voertuig­onkoste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

OPDRAG 2:

  • Voltooi onderstaande transaksies in die korrekte hulpjoernale. Sluit af deur die kolomtotale te bereken. (Gebruik KOJ 3.4.1, KBJ 3.4.2, DJ 3.4.1 en KJ 3.4.3).

November

1 A. Enslin, die eienaar, stort kapitaalbydrae ter waarde van R20 000 – Kwitansie 001 word aan hom uitgereik

Koop toerusting ter waarde van R2 630 van Pronto Bpk. en kredietfaktuur nommer 100 (hernommer) word ontvang saam met die aankope

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask