<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

DIE GEDRUKTE WOORD

Module 25

SKEPPENDE SKRYFWERK

TYDVORME

Aktiwiteit 1

Om vir skeppende doeleindes te skryf [LU 4.1.1]

In 'n onlangse uitgawe van die tydskrif, Lesersgenot, het ek hierdie prentverhaaltjie gelees oor 'n ma en haar twee kinders in 'n supermark.

Maak nou jou eie spraakborrels op gekleurde papier, knip dit uit en plak jou eie storie by die strokiesprent. (Onthou: Jy gebruik die direkte rede – versigtig met die gebruik van leestekens!)

GESINSMOLESTE

"Ma, Sussie het begin skree!"

“Gee vir haar 'n koekie. Dit sal help om haar stil te maak.”

"Dè, eet dit."

"Dankie tog; jy is stil. Ek was baie skaam oor jou gedrag."

“Daar begin jy alweer. Ek moes liewer by die huis gebly het. Ek sal dit in die vervolg doen.”

“Toemaar, jy wou ook alles in die winkel gehad het toe jy so klein was.”

Aktiwiteit 2

Om die verskillende tydsvorme korrek te gebruik [LU 6.2.6]

In ‘n supermark is daar naamborde wat vir die koper aandui wat hy in daardie gang sal kry. In hierdie Tyd Supermark kry ons die drie hooftye se gange, en in elke gang dié hooftyd se woorde in die rakke. In die prenteverhaal is daar voorbeelde van al drie die hooftye. Skryf nou by (a), (b) en (c) sinne uit die prenteverhaal neer wat met die gang se Tyd ooreenstem.

VERLEDE TYD

(a)…………………………………………………………………………………………………………………………………….

…………………………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………………………………

TEENWOORDIGE TYD

(b)………………………………………………………………………………………………………………………………………..

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

TOEKOMENDE TYD

(c ) ………………………………………………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………………………………………………….

Die kartondose hieronder is by die supermark afgelewer. Die rakpakker weet egter nie op watter rakke hy die kartondose moet uitpak nie. Skryf nou agter elke sin die hooftyd neer sodat die rakpakker kan weet na watter tydgang hy dit moet neem. Jy kan dit soos volg afkort:

Verl. Tyd; Teenw. Tyd; Toek. Tyd

Assessering

LEERUITKOMS 4: SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

  • skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos briewe, beskrywende paragrawe, limerieke).

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • met woorde werk:

6.1.7 korrekte woordverdelings herken;

  • met sinne werk:

6.2.6 die verskillende tydsvorme korrek gebruik.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie skryfwerk

Aktiwiteit 2 (a) Bv. Ek moes my hande was.

Ek sou dit gedoen het.

b) Bv. Ek moet nou gaan.

Dit is nege-uur

(c) Bv. Ek sal môre my hare was.

(d) Verlede Tyd

Verlede Tyd

Toekomende Tyd

Toekomende Tyd

Toekomende Tyd

Toekomende Tyd

Verlede Tyd

Teenwoordige Tyd

Teenwoordige Tyd

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask